Maak oop jou geskenkVoorbeeld

DAG 6
"‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed" –Johannes10:10 AFR83.
Die woord “lewe” word meer as 200 keer in die Nuwe Testament gebruik. Hoe wonderlik is dit nie om te weet dat Jesus aarde toe gekom het sodat ons ‘n LEWE van oorvloed kan hê nie! Nie net wanneer ons hemel toe gaan nie, maar juis nou ook terwyl ons nog op die aarde is.
Dit is dan die vierde rede hoekom God Jesus na die aarde toe gestuur het:
- Jesus het gekom sodat ek en jy wat Hom aangeneem het, ‘n lewe van oorvloed kan leef.
Ons dink maklik dat ons eers ware geluk sal hê wanneer ons die dag dood is en hopelik in die hemel gaan wees. Nou strompel ons maar deur ons dae soos skape wat na die slagpale toe gelei word: hooploos; dis my lot.
Nee! Jesus het dan juis aan ‘n kruis gesterf sodat ek en jy ware geluk en vrede kan hê ten spyte van al die hartseer en ellende van hierdie wêreld. Ons moet net in Hom glo. Jy moet Hom in jou hart innooi. Dan sal jy ervaar hoe Hy jou mooi help deur al die storms en hartseer in jou lewe. Jesus het gesê ons sal dit op hierdie aarde moeilik hê. Maar Hy het ook gesê dat ons moet moed hou, want Hy het die wêreld (met ander woorde, vir die Satan) klaar oorwin!
Die Griekse woord vir oorvloed is perissos. Dit het eintlik ‘n wiskundige betekenis en beteken “surplus.” Filippense 4:19 (AFR83) sê dit so duidelik: “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.”
Om die lewe in oorvloed te kan geniet, beteken: omdat ek Jesus in my hart het, het ek uithouvermoë, het ek energie, put ek vreugde uit my omgewing, wil ek dinge doen vir ander en borrel ek innerlik van God se vrede.
Iemand wat die lewe in oorvloed geniet, huiwer nie om om alle eer aan God te gee nie. Só iemand weet dat Jesus ons kom wys het dat dit moontlik is om ware vreugde en vrede te hê ten spyte van ons omstandighede.
GEBED:
Jesus Christus, baie dankie dat U vir my kom wys het dat ek nie geld, besittings en roem nodig het om ware geluk te kan hê nie. Dankie dat U my alles gee wat ek nodig het. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Om waarlik Kersfees te kan vier, moet ek en jy verstaan dat Jesus Christus ons grootste geskenk ooit is. As ons hierdie geskenk wat God so onverdiend vir ons gee, vat en oopmaak, sal ons nie anders kan as om dit ook aan ander uit te deel nie. Maak oop jou geskenk. Jy sal nooit spyt wees nie
More
Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sonjagoldberg.co.za
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Ons wag op 'n redder

Die geboorte van Christus en gesinslewe

Onbeperkte Liefde

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Bible Basics: Om God te ken

Geroep deur God

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Hoe Kosher is Jou Evangelisasie?
