Maak oop jou geskenkVoorbeeld

DAG 3
"Toe sê die engel vir hulle: Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid, die Verlosser gebore, Christus die Here!" – Lukas 2:10,11 AFR83.
Die baba Jesus is in Betlehem gebore. Hierdie aankondiging het gebeur terwyl die skaapwagters daar in die veld by hul skape was. Die engel se aankondiging was kragtig en direk:
- Moenie BANG wees nie.
- Ek bring vir julle GOEIE nuus!
- Die nuus is vir ALLE mense.
- Jesus Christus, die VERLOSSER, is gebore.
Vriende, in ‘n wêreld wat vol is van vals- en sensasionele nuus, is hierdie die suiwerste, beste nuus ooit! In ‘n wêreld vol korrupsie, haat en geweld gee God vir die mensdom ‘n uitweg om hoop te kan hê. Vandag weet ons dat Jesus nie meer in die krip is, of aan ‘n kruis hang, of in ‘n graf is nie. Hy het opgestaan uit die dood en is alreeds by God die Vader in die hemel. Hy is besig om vir almal wat Hom aangeneem het, plek voor te berei.
Dalk wonder jy soms hoekom God nou juis vir Jesus aarde toe gestuur het.
Die eerste rede daarvoor is:
- Jesus het gekom sodat ons God kan leer ken.
Die feit dat Jesus mens geword en onder ons kom woon het, help ons om te verstaan wie God eintlik is. Mense dink baie keer God is oud, dalk ‘n fiktiewe karakter, of die kwaai regter wat net jou lewe wil slegmaak. Eintlik hoef ons net na die natuur te kyk om iets van God te verstaan: Hy is nie net ‘n God van orde nie maar Hy is ook die Skepper van variasie! Kyk net na die ontelbare verskillende soorte plante, diere en mense! God kan wonderwerke doen, Hy is almagtig; Hy is Alomteenwoordig. Hy gee om vir mense. Die Christelike geloof is die enigste geloof waar God aangespreek word as “My Vader.” Dis presies hoe intiem ons met Hom mag wees.
Ons kan ‘n verhouding met Hom hê, want Hy is so lief vir ons!
GEBED:
My Hemelvader, ek is so bly dat U Jesus Christus aarde toe gestuur het sodat ek u Vaderhart kan leer ken. Dankie vir u liefde vir my. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Om waarlik Kersfees te kan vier, moet ek en jy verstaan dat Jesus Christus ons grootste geskenk ooit is. As ons hierdie geskenk wat God so onverdiend vir ons gee, vat en oopmaak, sal ons nie anders kan as om dit ook aan ander uit te deel nie. Maak oop jou geskenk. Jy sal nooit spyt wees nie
More
Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sonjagoldberg.co.za
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Ons wag op 'n redder

Die geboorte van Christus en gesinslewe

Onbeperkte Liefde

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Bible Basics: Om God te ken

Geroep deur God

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Hoe Kosher is Jou Evangelisasie?
