Maak oop jou geskenkVoorbeeld

DAG 2
"My Vader het ook nog ‘n baie groot Geskenk vir julle. Ek gaan hierdie Geskenk binnekort na julle toe stuur. Wag nog net so ‘n klein rukkie hier in Jerusalem. Een van die dae gaan julle met baie groot krag direk uit die hemel toegerus word" – Lukas 24:49 DB.
Gestel iemand gee jou ‘n geskenk en jy sê: “Ek het nie nou tyd nie. Sit dit maar daar neer.” Of: “Ek is nou ‘n bietjie haastig, ek sal later kyk.”
Sjoe, nee! Ek weet nie van iemand wat so sal reageer nie. Jy sal opgewonde wees en jou geskenk haastig oopmaak. Jy sal dit sommer dadelik in gebruik neem sodat almal dit saam met jou kan geniet en bewonder, of as dit iets is om te eet, sal jy dit mos dadelik oopmaak en proe. Jy sal ook aan ander rondom jou uitdeel, want jy wil hê ander moet ook in jou waardering en vreugde deel.
Dink net, as ons so bly is oor ons aardse geskenke wat eintlik tog maar mettertyd opraak, wegraak, of breek, hoeveel te meer kan ons nie jubel en juig en ronddans van vreugde oor hierdie geskenk van Jesus Christus wat God vir ons gee nie! Hy wil hê dat ons ja moet kan sê vir Jesus in ons lewe; dat ons vir ander van Hom moet vertel; dat ons lewe sy heerlikheid sal uitstraal sodat ander Hom ook in hulle lewens wil innooi.
Die beste van hierdie geskenk is dit: sodra jy JA sê vir Jesus, gee God vir jou sy Heilige Gees. Verniet! Paulus skryf dis dieselfde Gees wat Jesus uit die dood opgewek het. Hy bly nou binne-in jou! (Romeine 8:11). Ag, ek hoop jy is net so bly en opgewonde soos ek daaroor!
Daarom wil ek jou uitnooi: MAAK VANDAG JOU GESKENK OOP! Moenie verskonings gebruik soos: Ek is te moeg, ek is te besig, dis nog nie die regte tyd nie. Nee! Jy gaan uitmis op al die krag, liefde, vreugde en vrede wat God vir jou wil gee.
As jy dan Jesus in jou hart ingenooi het, vertel ook vir ander daarvan. Nooi nog mense om deel te hê aan hierdie wonderlike geskenk wat God vir jou gegee het.
GEBED:
My Hemelvader, ek vat vandag hierdie kosbare geskenk wat U vir my gee! Ek nooi Jesus in my lewe in. Dankie dat U nou in my woon. Ek is so begenadig! Ek is so bevoorreg! Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Om waarlik Kersfees te kan vier, moet ek en jy verstaan dat Jesus Christus ons grootste geskenk ooit is. As ons hierdie geskenk wat God so onverdiend vir ons gee, vat en oopmaak, sal ons nie anders kan as om dit ook aan ander uit te deel nie. Maak oop jou geskenk. Jy sal nooit spyt wees nie
More
Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sonjagoldberg.co.za
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Ons wag op 'n redder

Die geboorte van Christus en gesinslewe

Onbeperkte Liefde

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Bible Basics: Om God te ken

Geroep deur God

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Hoe Kosher is Jou Evangelisasie?
