Maak oop jou geskenkVoorbeeld

DAG 1
"Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre” – Matteus 2:11 AFR83.
Dis Desembermaand. Geskenke word koorsagtig gekoop. Sommige hiervan is buitensporig duur. Sommige mense het glad nie eens geld om geskenke te koop nie!
Hoekom gee ons geskenke? Verstaan ons regtig die betekenis van Kersfees?
Ons moet mekaar net daaraan herinner dat die viering van Kersfees soos die wêreld dit doen, ‘n heidense gebruik is. Jesus se geboorte was volgens oorlewering in Septembermaand. God is egter nog altyd in beheer, al dink ons nie altyd so nie. Die liggies, kersvader en die materialistiese skepping van Kersfees bring op 'n manier die hele wêreld tot stilstand op 25 Desember. Dalk glimlag God hieroor – juis omdat selfs dié wat nie in Hom glo nie, ook deelneem aan die vieringe van Jesus se geboorte.
Die wyse manne se geskenke was goud, wierook en mirre. Vreemde geskenke vir ons. Beslis nie geskenke wat ons na ‘n babatee sal vat nie. Ek glo nie eens die wyse manne het self verstaan hoe profeties hul geskenke in werklikheid was nie. In daardie tyd was dit net konings wat vir mekaar goud kon gee; so waardevol was dit. Die wierook was aan die brand gesteek wanneer gelowiges gebid het om ‘n aangename geur te versprei en die mirre was gebruik as medisyne, maar veral ook om die liggame van die oorledenes te balsem sodat dit nie sleg ruik nie.
Vandag weet ons die goud was ‘n heenwyse na Jesus Christus die koning van die hele wêreld wat mense van hul sonde gaan verlos. Die wierook is vir ons die bevestiging, dat as ons Jesus in ons harte ingenooi het, ons ‘n aangename geur versprei waar ons ook al gaan. Die mirre herinner ons daaraan dat, omdat ons Jesus in ons harte het, ons gebalsem is met sy bloed sodat ons behoue kan bly totdat ons eendag in God se hemelse woning aankom.
Jesus Christus is die grootste en waardevolste geskenk wat ek en jy ooit sal kan ontvang.
GEBED:
My Hemelvader, baie dankie vir Jesus Christus! Dankie vir hierdie wonderbaarlike geskenk wat U deur genade vir my kom gee. Ek kniel nou hier in aanbidding voor U. Maak asseblief my hart ontvanklik vir u liefde. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Om waarlik Kersfees te kan vier, moet ek en jy verstaan dat Jesus Christus ons grootste geskenk ooit is. As ons hierdie geskenk wat God so onverdiend vir ons gee, vat en oopmaak, sal ons nie anders kan as om dit ook aan ander uit te deel nie. Maak oop jou geskenk. Jy sal nooit spyt wees nie
More
Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sonjagoldberg.co.za
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Ons wag op 'n redder

Die geboorte van Christus en gesinslewe

Onbeperkte Liefde

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Bible Basics: Om God te ken

Geroep deur God

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Hoe Kosher is Jou Evangelisasie?
