Maak oop jou geskenkVoorbeeld

DAG 4
“....Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” – Johannes14:6 AFR83.
Jesus se naam beteken: Immanuel, “God BY ons.” Wanneer jy ja gesê het vir Jesus, gee God jou sy Heilige Gees om binne-in jou te woon. Daarom kan jy weet God is die heeltyd by jou. Jesus self het gesê: “Wie My reeds gesien het, het ook reeds my Vader gesien” (Johannes 14:9 NLV).
Daar is nog ‘n rede hoekom God vir Jesus aarde toe gestuur het:
- Jesus het gekom om God se boodskap te verkondig.
Deesdae kan ons omtrent niks meer glo wat in die koerante geskryf is, of wat op sosiale media geplaas word nie. Dit voel mos vir ons asof nuus geskryf word net vir die sensasie daarvan. Gelukkig kan ons Die Bybel glo. Dit bestaan al 3 400 jaar en is geskryf oor ‘n tydperk van 1 500 jaar! In Johannes 8:32 (AFR83) sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”
Dis so hartseer om met iemand te gesels wat glad nie vir Jesus wil ken nie. Jy kan eintlik nie met so iemand redeneer nie, want dis eers wanneer jy jou hart vir Jesus gegee het, dat jy God se Waarheid kan ken en verstaan. Dis die Heilige Gees wat jou onderskeidingsvermoë gee. As jy God se Waarheid ken, sal dit jou vrymaak van alle aanklagte wat die Satan so graag teen jou gebruik.
Onthou ook dat wanneer ons leuens vertel, raak ons ongelukkig omdat ons eintlik buite God se waarheid leef. Die oomblik wanneer jy die keuse maak om wel die waarheid te praat en te leef, is dit soos om ‘n lig aan te skakel in ‘n donker vertrek ... verligting! In Johannes 12:46 sê Jesus Hy is die lig vir die wêreld. Dit maak dus nie saak hoe donker jou wêreld is nie, God het juis Jesus gegee sodat ek en jy nie in die duisternis van ons verlede, of omstandighede hoef te bly nie!
Kies Jesus. Hy maak jou vry van alle leuens en donkerte in jou lewe. Hy wil jou leer dat dit nie mense se opinies is wat jou definieer nie, maar wel God se liefde vir jou.
GEBED:
My Here, dankie vir u Heilige Gees en u Woord wat my in die waarheid lei en leer. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Om waarlik Kersfees te kan vier, moet ek en jy verstaan dat Jesus Christus ons grootste geskenk ooit is. As ons hierdie geskenk wat God so onverdiend vir ons gee, vat en oopmaak, sal ons nie anders kan as om dit ook aan ander uit te deel nie. Maak oop jou geskenk. Jy sal nooit spyt wees nie
More
Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sonjagoldberg.co.za
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Ons wag op 'n redder

Die geboorte van Christus en gesinslewe

Onbeperkte Liefde

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Bible Basics: Om God te ken

Geroep deur God

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Hoe Kosher is Jou Evangelisasie?
