Maak oop jou geskenkVoorbeeld

DAG 5
"Ek, die Seun van die mens, het gekom om mense te soek wat op die verkeerde pad leef. Ek maak hulle lewens splinternuut" – Lukas 19:10 DB.
In hierdie gedeelte sien ons vir Saggeus, die klein outjie wat in ‘n boom geklim het om Jesus te kon raaksien. Maar toe sien Jesus hóm raak, noem Hy hom op sy naam en gaan eet by hom – ongeag wat mense daarvan gedink het. Saggeus was beskou as ‘n skelm, maar hierdie ontmoeting met Jesus het hom radikaal verander. Hy het dadelik besluit om alles wat hy by mense gevat het, vir hulle terug te gee. Hy het gekies om in Jesus se lig te leef.
Sien jy ook raak dat Jesus Hom nooit gesteur het aan wat mense sê nie? Hy was net gehoorsaam aan God alleen. Hy het aarde toe gekom om diegene te soek en te red wat verlore is.
Dit is dan die derde rede wat ek met jou wil deel, oor hoekom God vir Jesus na die aarde toe gestuur het:
Jesus het gekom om God se wêreld te herstel. God het die tuin van Eden perfek geskep. Adam en Eva se ongehoorsaamheid aan God bring toe die sonde in die wêreld in. Tog was hierdie gebeure nie vir God ‘n verrassing nie. Hy het klaar ‘n plan gehad. Hy stuur sy Seun om vir alle mense redding te bewerkstellig. Net soos wat God ‘n onskuldige dier doodgemaak het sodat Hy vir Adam en Eva daarmee klere kon maak, net so moes die onskuldige Jesus sterf, sodat ek en jy wat Hom aaneem, verlos kan wees van ons sondeskuld. Jy kan amper sê: Ons leef nou onder die bedekking van sy bloed en God sien ons as rein en skoon van sonde.
Ons almal het teleurstellings, verliese, vernederinge en skaamte deur hierdie jaar gehad.
Hoor mooi: Jesus roep ook vir JOU op jou naam. Hy wil met JOU ‘n afspraak maak. Ag, mag jy ook soos Saggeus dadelik ja sê en Jesus in jou lewe innooi! Mag jy soos Saggeus gaan regmaak waar jy verkeerd gedoen het; teruggee as jy iets gevat het wat nie aan jou behoort nie. Mag jy ook kies om mense te vergewe en vry te spreek.
As jy dit doen, sal jy ook soos Jakobus 4:10 (DB) weet: “God sal jou optel, daar waar jy in oorgawe voor Hom buig, en jou op ‘n ereplek regop, kop omhoog, langs Hom laat staan."
GEBED:
Jesus, dankie dat U my raaksien en my op my naam roep. Ek roep uit: "Ja, Here Jesus, kom woon in my!" Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Om waarlik Kersfees te kan vier, moet ek en jy verstaan dat Jesus Christus ons grootste geskenk ooit is. As ons hierdie geskenk wat God so onverdiend vir ons gee, vat en oopmaak, sal ons nie anders kan as om dit ook aan ander uit te deel nie. Maak oop jou geskenk. Jy sal nooit spyt wees nie
More
Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sonjagoldberg.co.za
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Ons wag op 'n redder

Die geboorte van Christus en gesinslewe

Onbeperkte Liefde

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Bible Basics: Om God te ken

Geroep deur God

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Hoe Kosher is Jou Evangelisasie?
