My Saligmaker LeefVoorbeeld

Die grootste verhaal
“Ek sal vertel van die goedheid van die HERE, sy roemryke dade wat Hy verrig het, ja, die talle goeie dinge wat Hy gedoen het.”
(Jesaja 63:7, NLV)
“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.”
(Johannes 3:16, NLV)
Daar is nie ’n enkele hoekie op my plaas wat nie vol liefde en vol van God se teenwoordigheid is nie. Ek sou dikwels my perd Snowy op ’n Sondagmiddag uitneem en dan na Simeon Bhengu, my afgetrede voorman, se huis gaan. Ons sou sit en gesels oor die vroeë dae toe ons net op die plaas begin het.
Die grootste verhaal van almal is egter die storie oor die geboorte van ons Verlosser, Jesus Christus. Wat ’n verhaal! In die 33 jaar wat Hy op aarde geleef het, het Jesus vir ons alles gegee wat ons nodig het om te weet oor gesinne, mans en vroue, kinders grootmaak, respek, werk, die lewe en die dood. Jesus se verhaal kan in een vers opgesom word, naamlik Johannes 3:16 (NLV): “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.”
Bring tyd deur in die grootste verhaal van almal, veral wanneer die lewe moeilik raak. Vertel ook jou eie verhaal aan jou geliefdes soos Jesaja 63:7 ons aanmoedig. Dit is so belangrik vir die volgende geslag.
Aangaande hierdie leesplan

Die goeie nuus vir ons is dat Jesus Christus – ons Saligmaker – lewe. Sy geboorte en lewe is nie iets wat ons ons maar net verbeel het nie – dit is die grootste verhaal wat daar is! Terwyl ons God se grootste geskenk aan die wêreld vier, kan ons ook elke dag met die sekerheid leef dat Hy die pad saam met ons stap – elke dag van die jaar.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us









