My Saligmaker LeefVoorbeeld

Koester elke oomblik
“Geliefdes, laat ons mekaar aanhou liefhê, want volmaakte liefde is van God afkomstig. Elkeen wat só liefhet, is uit God gebore en ken God persoonlik.”
(1 Johannes 4:7, NLV)
“As God ons dan só tot die uiterste toe liefgehad het, moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê.”
(1 Johannes 4:11, NLV)
Toe ek ’n jong boer in Zambië was, het ’n bejaarde man my geleer om mielies te verbou. Eendag het ek hom gevra: “Hoe gereeld moet ek kyk hoe dit met my mielieoes gaan?”
“Elke dag,” het hy gesê. “Jy moet elke liewe dag kyk hoe dit met jou mielieoes gaan.”
Boere weet dat daar elke dag iets nuuts gebeur. ’n Plant se kleur kan verander, wat kan aandui dat dit ekstra stikstof benodig. Daar kan ’n skielike swam-aanval op jou jong oes wees, of ’n plaag van insekte.
Ons moet elke aspek van ons lewe ook op hierdie manier in oënskou neem. Bring kwaliteittyd (en kwantiteittyd) saam met jou huweliksmaat en kinders deur. Gesels met jou gesin. Jy sal baie uitvind oor wat eintlik in hul lewens aangaan – dinge wat jy gedink het goed gaan, gaan dalk nie so goed nie, en jy moet daarvan weet sodat jy hulle kan ondersteun. Moenie te besig raak om mense te probeer behaag ten koste van jou gesin nie. Jy het hulle net vir ’n kort rukkie by jou. Wys vir hulle jou liefde vir hulle soos die Bybel ons aanmoedig om te doen (Johannes 4:7-11). Wees wys en koester elke oomblik.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die goeie nuus vir ons is dat Jesus Christus – ons Saligmaker – lewe. Sy geboorte en lewe is nie iets wat ons ons maar net verbeel het nie – dit is die grootste verhaal wat daar is! Terwyl ons God se grootste geskenk aan die wêreld vier, kan ons ook elke dag met die sekerheid leef dat Hy die pad saam met ons stap – elke dag van die jaar.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us









