My Saligmaker LeefVoorbeeld

My Saligmaker Leef

DAG 7 VAN 7

My Saligmaker leef

“Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”
(Johannes 16:33, NLV)

Ek weet my Saligmaker leef. Hy is gister, vandag en altyd dieselfde (Hebreërs 13:8). Ek raak nie bekommerd wanneer ek die radio of TV aanskakel nie, want die Here het ons alreeds gewaarsku toe Hy gesê het: “Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin” (Johannes 16:33, NLV). As God vir ons is, kan niemand ooit teen ons bly staan nie (Romeine 8:31). Ons hoor allerhande negatiewe dinge, maar die Here het belowe om ons nooit te verlaat nie (Hebreërs 13:5).

Jesus het jou só lief dat Hy vir jou gesterf het – die grootste geskenk wat Hy ooit vir jou kon gee (Johannes 3:16). Wanneer ons terneergedruk voel, moet ons met Jesus praat. Gaan na die Here en Hy sal jou help. Het jy probleme tuis? Gaan na die Here. Het jy probleme in jou besigheid? Gaan na die Here. Het jy gesondheidsprobleme? Gaan na die Here. Hy sê in Johannes 17:24 ons moet net aanhou bid.

Hierdie oordenkings is geneem uit VASTE GELOOF deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek gerus www.cumbooks.co.za.

Aangaande hierdie leesplan

My Saligmaker Leef

Die goeie nuus vir ons is dat Jesus Christus – ons Saligmaker – lewe. Sy geboorte en lewe is nie iets wat ons ons maar net verbeel het nie – dit is die grootste verhaal wat daar is! Terwyl ons God se grootste geskenk aan die wêreld vier, kan ons ook elke dag met die sekerheid leef dat Hy die pad saam met ons stap – elke dag van die jaar.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us