My Saligmaker LeefVoorbeeld

My Saligmaker Leef

DAG 3 VAN 7

Goeie nuus

“Die engel het hulle gerusgestel: ‘Moenie bang wees nie!’ het hy gesê. ‘Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou! Die Verlosser – ja, die Messias, die Here – is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore!’”
(Lukas 2:10-11, NLV)
“Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.”
(Hebreërs 13:5, NLV)
“Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het.”
(Filippense 4:19, NLV)

Ek onthou toe my tweede seun gebore is. Ek het in die hospitaal gesit en wag. In daardie dae het ons nie ingegaan waar die ma geboorte geskenk het nie, en ek het gewag vir goeie nuus. Daarna het ek in my bakkie geklim, huis toe gery en vir al die werkers op die plaas vertel: “Vandag het ek goeie nuus gekry! Ek het ’n nuwe babaseun. Hy is gebore; daarom kan julle almal die dag af kry.” En ons het feesgevier! Dit laat my dink aan die Goeie Nuus wat die skaapwagters in die veld buite Betlehem gekry het (Lukas 2:10-11).

Die goeie nuus is dat Jesus Christus lewe. Sy geboorte en lewe is nie iets wat ons ons maar net verbeel het nie. Nee, ons moet vir almal vertel. Kyk wat sê Hebreërs 13:5 (NLV): “Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.” Is dit nie goeie nuus nie en iets om elke dag aan vas te hou nie?

Die Here sê in Filippense 4:19 (NLV): “Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het.” Dit is werklik goeie nuus. Gaan nou uit en vertel vir mense die goeie nuus.

Aangaande hierdie leesplan

My Saligmaker Leef

Die goeie nuus vir ons is dat Jesus Christus – ons Saligmaker – lewe. Sy geboorte en lewe is nie iets wat ons ons maar net verbeel het nie – dit is die grootste verhaal wat daar is! Terwyl ons God se grootste geskenk aan die wêreld vier, kan ons ook elke dag met die sekerheid leef dat Hy die pad saam met ons stap – elke dag van die jaar.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us