My Saligmaker LeefVoorbeeld

My Saligmaker Leef

DAG 4 VAN 7

Mossies

“Wees nie bang nie. Julle is vir Hom meer werd as ’n hele swerm mossies.”
(Matteus 10:31, NLV)

Jesus het jou baie liewer as wat jy jou kan indink! Hy sê die Vader weet wanneer een mossie op die grond val (Matteus 10:29). Hy sê Hy ken jou en Hy het jou liewer as wat enigiemand anders jou kan hê. Hy weet selfs hoeveel hare daar op jou kop is (Matteus 10:30-31). Is dit nie wonderlik nie? Waarom is jy dan bang? Waarom is jy eensaam?

Ek wil jou graag vandag aanmoedig om die Here te vertrou. Hy het gesê dat Hy jou so liefhet dat Hy vir jou gesterf het (Johannes 3:16). Die Bybel sê dat Hy vir ons plek gereedmaak in die hemel (Johannes 14:2), Hy luister wanneer ons met Hom praat (Psalm 18:7), Hy het jou lief (Psalm 136:1) en wil deel van jou lewe wees (Matteus 10:30).

Dit is nie belangrik dat ander mense van jou moet hou nie en jy is ook nie van hulle sorg afhanklik nie. Die Here sal vir jou sorg. Gaan daarom vandag uit met die seker wete dat die Here alles onder beheer het. Hy weet alles van jou; daarom hoef jy oor niks bekommerd te wees nie.

Aangaande hierdie leesplan

My Saligmaker Leef

Die goeie nuus vir ons is dat Jesus Christus – ons Saligmaker – lewe. Sy geboorte en lewe is nie iets wat ons ons maar net verbeel het nie – dit is die grootste verhaal wat daar is! Terwyl ons God se grootste geskenk aan die wêreld vier, kan ons ook elke dag met die sekerheid leef dat Hy die pad saam met ons stap – elke dag van die jaar.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us