My Saligmaker LeefVoorbeeld

My Saligmaker Leef

DAG 6 VAN 7

Vertroos

“In al ons swaarkry bemoedig Hy ons. Hy doen dit sodat ons ook in staat sal wees om mense in al hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk het.”
(2 Korintiërs 1:4, NLV)

Voel jy eensaam? Jesus weet wat dit beteken om eensaam te wees. Dink aan die Tuin van Getsemane toe sy dissipels geslaap het terwyl Jesus alleen tot sy Vader gebid het.

Dalk het iemand jou teleurgestel. Verraad is ’n verskriklike ding. Weereens weet Jesus hoe dit voel, want sy dissipels het dieselfde gedoen. Toe Jesus gearresteer is, het die dissipels nie by Hom gebly nie, hulle het almal weggevlug (Matteus 26:56). Judas Iskariot het Hom vir 30 silwer geldstukke verraai (Matteus 26:14-16), en tog het Jesus sy voete gewas, al het Hy geweet wat Judas sou doen (Johannes 13:1-5).

Tensy jy deur presies dieselfde gegaan het, moenie vir iemand sê “Ek verstaan hoe jy voel” nie, want eintlik verstaan jy glad nie. Wees eerder net lief vir hulle soos wat Jesus ons liefhet. Huil saam met hulle soos wat Jesus saam met ons huil, en herinner hulle aan die woorde van Psalm 30:6 (NLV): “In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde,” en 2 Korintiërs 1:4 (NLV): “In al ons swaarkry bemoedig Hy ons. Hy doen dit sodat ons ook in staat sal wees om mense in al hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk het.”

Hou jou oë op Jesus, Hy is altyd by jou.

Aangaande hierdie leesplan

My Saligmaker Leef

Die goeie nuus vir ons is dat Jesus Christus – ons Saligmaker – lewe. Sy geboorte en lewe is nie iets wat ons ons maar net verbeel het nie – dit is die grootste verhaal wat daar is! Terwyl ons God se grootste geskenk aan die wêreld vier, kan ons ook elke dag met die sekerheid leef dat Hy die pad saam met ons stap – elke dag van die jaar.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us