My Saligmaker LeefVoorbeeld

Die werklikheid van ons geloof
“Jesus het hulle geantwoord: ‘Dít is God se opdrag aan julle: Glo in Hom wat die Vader gestuur het.’”
(Johannes 6:29, NLV)
“As ons ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is.”
(1 Johannes 1:9, NLV)
Het Jesus regtig uit die dood opgestaan? Is die Here Jesus regtig die Seun van God? Is die Here Jesus regtig deur die Heilige Gees verwek en gebore uit die maagd Maria?
Dit verg meer geloof om in feëverhale soos Kersvader en die Paashaas te glo as wat dit verg om te glo dat Jesus Christus die Seun van God is; dat Hy uit die hemel neergedaal het en as ’n baba gebore is; dat Hy tussen ons gewoon het om ons te wys hoe om te leef; en dat Hy aan ’n kruis gesterf het en drie dae later uit die dood opgewek is. Die werklikheid van glo, is dat Jesus Christus wél die Seun van die lewende God is en dat Hy wel binnekort gaan terugkeer.
1 Johannes 1:9 (NLV) sê: “As ons ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is.” Dis waarom ek lewe. Dis waarom ek nie skuldig voel nie. Jy moet besef die Here Jesus Christus lewe. Die werklikheid van ons geloof is dat Jesus Christus die Seun van God is (Johannes 6:29).
Aangaande hierdie leesplan

Die goeie nuus vir ons is dat Jesus Christus – ons Saligmaker – lewe. Sy geboorte en lewe is nie iets wat ons ons maar net verbeel het nie – dit is die grootste verhaal wat daar is! Terwyl ons God se grootste geskenk aan die wêreld vier, kan ons ook elke dag met die sekerheid leef dat Hy die pad saam met ons stap – elke dag van die jaar.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us









