Ek Voel VerwerpVoorbeeld

Ek Voel Verwerp

DAG 7 VAN 7

Aanhalings oor volkome oorgawe van jou hele lewe aan God

Die essensie van oorgawe aan God lê daarin om jou wil oor te gee. Die mag van die gevoel van verwerping en “abandonment”, word verbreek deur totale oorgawe aan God. Hierdie totale oorgawe verander in 'n diep begeerte na God wanneer ons sy karakter verstaan, en word ons deurdrenk met sy volkome heiligheid, goedheid, genade en aanvaarding. Die gevolg daarvan is dat ons Hom vertrou en dat Hy altyd by ons is.

Die volgende opmerkings is deur Christene oor die eeue, wat beskryf hoe hulle God ervaar.

Andrew Murray (1828–1917)"God is gereed om volle verantwoordelikheid te aanvaar vir die lewe wat heeltemal aan Hom oorgegee is."

Oswald Chambers (1874–1917)"Die oorgawe is nie die oorgawe van jou uiterlike lewe nie, maar van jou wil; sodra dit gedoen is, sal die res volg."

John Wesley (1703–1791)"Ek is nie meer my eie nie, maar behoort aan U. Gebruik my waar en soos U wil.”

Charles Spurgeon (1834–1892)"Ek het nou al my gebede in een gebed saamgevat, en daardie een gebed is dit: dat ek aan myself kan sterf en heeltemal vir Hom kan lewe."

D.L. Moody (1837–1899)"Laat God toe om jou te besit; Hy kan meer daarmee doen as wat jy kan."

Catherine Booth (1829–1890)"Die grootheid van 'n man se krag, word gemeet aan sy oorgawe aan God."

Frances Ridley Havergal (1836–1879)"Neem my lewe Here. Ek wy dit toe aan U."

George Müller (1805–1898)"Daar was 'n dag toe ek gesterf het, heeltemal gesterf het vir George Müller, sy opinies, voorkeure, smaak en wil; gesterf aan die wêreld, sy goedkeuring of sensuur; gesterf na die goedkeuring of blaam van selfs my broers en vriende; en sedertdien het ek my daaraan toegewy om die goedkeuring van God te soek met my hele wese."

Jessie Penn-Lewis (1861–1927)"Die pad van volgehoue oorwinning is die pad van volgehoue oorgawe aan God."

Madame Guyon (1648–1717)"Toewyding aan God is die wegdraai van alle selfsugtige begeertes sodat ons heeltemal tot sy beskikking kan wees."

Samuel Rutherford (1600–1661)"Ek vind my Here Jesus lieflik. Hy is heeltemal lieflik. Ek sal met graagte van myself ontslae raak om met Hom vervul te word."

Graaf Nikolaus Ludwig von Zinzendorf (1700–1760)"Ek het net een passie dit is Hy, en Hy alleen."

Aangaande hierdie leesplan

Ek Voel Verwerp

Die meeste van ons ken die gevoel van verwerping, om uitgesluit te voel, "to feel abandoned." Dit is 'n toenemende ervaring by baie mense. Ons samelewing en die groei van sosiale media, intensifiseer die gevoel van eensaamheid en daar is 'n toeneme in woede. Hierdie leesplan spreek hierdie emosie aan.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com