Ek Voel VerwerpVoorbeeld

Ek Voel Verwerp

DAG 5 VAN 7

Hoe om verwerping en “abandonment” te hanteer

Die eerste stap om gevoelens van verwerping aan te spreek, is om te verseker dat jy in die regte verhouding met God is. Bely alle sondes waarvan jy bewus is en breek daarmee.

Die tweede stap is om elke vorm van onvergewensgesindheid en trots te konfronteer. As jy nie diegene vergewe wat jou benadeel en verontreg het nie, weerstaan jy die Heilige Gees, en God sal ophou om in en deur jou te werk en later ook teen jou werk. Hy maak dit duidelik dat vergifnis noodsaaklik is; dit is ‘n fundamentele deel van die evangelie. Jesus het gesterf sodat mense vergewe kan word en vereis daarom van ons om ook te vergewe. In Matteus 18:21-35 vertel Jesus 'n gelykenis waarin Hy sê dat diegene wat weier om te vergewe, aan die “pynigers” ("extortioners") oorgelewer sal word.

Die derde stap is om aan jouself te sterf. Die lewe gaan nie oor jou nie; dit gaan oor die verheerliking van God.

Die vierde stap is om noukeurig te oorweeg wie jou verwerp ("abandon") het of die omstandighede wat tot jou gevoelens van verwerping gelei het. Moenie jou waarde meet aan die dade van diegene wat jou verwerp het nie. Jy word nie gedefinieer deur hul verwerping of die sondes en bose gedrag van ander nie. Boonop is dit wat jy as verwerping en “abandonment” ervaar dalk glad nie die waarheid nie. Byvoorbeeld, as jy nie vir die A-span gekies word nie, kan dit bloot wees omdat iemand anders beter in daardie posisie pas. Die feit dat iemand anders uitblink, bepaal nie jou waarde nie. Wees bly saam met diegene wat vir die span gekies word; dit sal jou vrymaak. Selfs verwerping as gevolg van egskeiding, is nie ‘n refleksie van jou onvervangbare waarde as mens nie.

Daar is 'n vyfde stap. Jy moet die Heilige Gees vra om elke vorm van sonde in jou lewe te openbaar en enige gedrag wat daartoe kan lei dat ander jou verwerp. Ken die Woord. Verstaan wat God van jou sê. Leer om na die stem van die Heilige Gees te luister. Die Woord van God is die waarheid, en jou emosies moet nooit die standaard wees om te bepaal wat waar of onwaar is nie. Behandel ander met respek en wees vir hulle ‘n bemoediging; ongeag wat hulle aan jou gedoen het.

Aangaande hierdie leesplan

Ek Voel Verwerp

Die meeste van ons ken die gevoel van verwerping, om uitgesluit te voel, "to feel abandoned." Dit is 'n toenemende ervaring by baie mense. Ons samelewing en die groei van sosiale media, intensifiseer die gevoel van eensaamheid en daar is 'n toeneme in woede. Hierdie leesplan spreek hierdie emosie aan.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com