Ek Voel VerwerpVoorbeeld

God verwerp ("abandon") nie - Hy omhels en genees
Kyk na die volgende bemoedigende Skrifgedeeltes. Ons kan 'n leeftyd lank deur hulle bekragtig word. Dit is soos 'n oseaan van genade en hoop, 'n nimmereindigende stroom van God se teenwoordigheid: "Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here" (Romeine 8:38-39 AFR83).
Terwyl jy die gedeeltes hieronder lees, kan jy die volgende drie vrae vir elke Skrifverwysing oorweeg:
1. Wat leer ek uit hierdie vers oor God?
2. Wat sê God vir my in hierdie vers?
3. Hoe kan ek toepas wat God uit hierdie vers aan my openbaar?
Deuteronomium 33:27 (AFR83) – "Die ewige God is ’n skuilplek, sy (ewige) arms is altyd onder jou."
Jesaja 40:11 (AFR83) – "Soos ’n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors."
Jesaja 46:4 (AFR83) – "Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra."
Hosea 11:3-4 (AFR83) – "Ek self het Efraim leer loop, Ek het hulle op my arms gedra, maar hulle wou nie erken dat dit Ek is wat vir hulle sorg nie. Ek het hulle met sorg en liefde gelei, Ek was vir hulle soos iemand wat die juk oplig as dit sy trekdier skaaf."
Psalm 63:8-9 (AFR83) – “U is vir my ’n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels. Ek bly altyd naby U, u hand ondersteun my.”
Psalm 91:4 (AFR83) – "Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ’n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante."
Johannes 10:28-29 (AFR83) – "... Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie."
2 Korintiërs 1:3-4 (AFR83) – “Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee... Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig."
Openbaring 21:3-4 (AFR83) – "Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly... Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan."
Aangaande hierdie leesplan

Die meeste van ons ken die gevoel van verwerping, om uitgesluit te voel, "to feel abandoned." Dit is 'n toenemende ervaring by baie mense. Ons samelewing en die groei van sosiale media, intensifiseer die gevoel van eensaamheid en daar is 'n toeneme in woede. Hierdie leesplan spreek hierdie emosie aan.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com







