Ek Voel VerwerpVoorbeeld

Om verwerp en verlate te voel ("abandoned") en ons reaksie daarop
(Daar is nie ‘n geskikte woord in Afrikaans vir die Engelse konsep “abandonment” nie. Daarom sit ek die woord “abandonment” telkens in hakies agterna om beter te beskryf wat ek bedoel.)
Om verwerp en verlate ("abandoned") te voel is vandag baie algemeen in ons samelewing. Ten spyte van al die tegnologie en wetenskaplike vooruitgang, ontken baie mense die bestaan van God. Dit lei tot gevoelens van eensaamheid, woede en verwerping ("abandonment"). As ek nie deur God met 'n doel geskep is nie, word my bestaan bloot die doelose en ewekansige uitkoms van 'n botsing van molekules. Dit lei tot 'n gevoel van sweef in 'n doellose heelal en ‘n gevoel van verlatenheid. Ek voel dat ek nie “behoort” nie, daar geen doel met my lewe is nie en dat niemand my nodig het nie.
Een van ons grootste vrese is om 'n diep gekoesterde verhouding te verloor. Dit kan gebeur dat mense hul rug op ons draai, of dood en egskeiding. Ons het nodig dat iemand ons onvoorwaardelik lief het. Die Bybel sê God het jou so lief dat Hy sy Seun gegee het om in jou plek te sterf.
In ons daaglikse lewens kom ons “abandonment” in verskillende vorme teë. Al hoe meer mense sien hoe hul huweliksmaat van hulle af “wegstap”, hul sielsgenoot 'n ander maat vind, hoe vriende "aanbeweeg" of die verlies van ouers in die gesig staar. Baie vaders weier om verantwoordelikheid vir hul kinders te neem, en dit word al hoe meer algemeen dat moeders dieselfde doen en kinders daarom in kinderhuise beland. Ons kan ook verwerping ervaar wanneer ons nie vir 'n sportspan gekies word nie of oor die hoof gesien word vir bevordering.
Die gevolg is dikwels ondraaglike emosionele pyn en verwarring. Dit lei tot gevoelens van “abandonment”, verwerping, te glo dat ons iets verkeerd gedoen het, nutteloos voel of dink dat ons nie hierdie soort behandeling verdien nie. Vir baie ondermyn dit hulle eiewaarde.
Die eerste ding om te onthou is dat jy nie die enigste persoon is wat hierdie soort gevoelens ervaar nie. Dit is meer algemeen as wat jy dalk dink. Alhoewel sommige van hierdie gevoelens dalk nie die waarheid weerspieël nie, is daar baie wat dit beleef. Daar is baie huwelike wat verbrokkel, ‘n huweliksmaat wat net wegloop, ‘n pa wat nie vir sy gesin verantwoordelikheid neem nie en by die deur uitstap en nie terugkom nie.
Dit is egter nie die einde nie. Dit is nie die laaste woord oor “abandonment” en verwerping nie. Daar is sinvolle en effektiewe maniere om dit te hanteer.
Aangaande hierdie leesplan

Die meeste van ons ken die gevoel van verwerping, om uitgesluit te voel, "to feel abandoned." Dit is 'n toenemende ervaring by baie mense. Ons samelewing en die groei van sosiale media, intensifiseer die gevoel van eensaamheid en daar is 'n toeneme in woede. Hierdie leesplan spreek hierdie emosie aan.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com