Ek Voel VerwerpVoorbeeld

Jesus: Die uiterste vorm van verlatenheid en verwerping (being abandoned)
Jesus het volkome verwerping, verlatenheid ("abandonment") beleef. Die bewys hiervan vind ons waar Jesus aan die Kruis uitgeroep het: "My God, my God, waarom het U my verlaat?" (Matteus 27:46 AFR83). Hierdie oomblik vat die onvergelyklike pyn van sy verwerping (abandonment) saam.
Op daardie oomblik het selfs die twaalf wat drie jaar lank by hom was, hom verlaat. Sy dissipels en volgelinge wat brood uit sy hand geëet het, sowel as diegene wat genees en verlos is van demone, was nie by die kruis nie. Die Jode en die Romeine het hom verwerp, en uiteindelik is hy deur sy Vader verwerp en verlaat. Vir drie ure het duisternis die land bedek terwyl God sy aangesig vir sy Seun verberg het en die gemeenskap tussen hulle verbreek het. Vir 'n kort oomblik in die ewigheid, het Jesus die volle realiteit en pyn van alle mense gedra wat ooit verwerping en “abandonment” beleef het. Geen mens kan die donkerte van hierdie oomblik begryp nie.
Ons moet verstaan dat Hy deur sy Vader verlaat en verwerp is sodat ons nooit daardie "abandonment" hoef te beleef nie. Na die kruis is daar geen rede om verlate te voel nie. In Jesus kan jy 'n vriend hê wat "wat nader is as ’n broer" (Spreuke 18:24 AFR83).
Jesus het vir ons sondes gesterf, en deur sy bloed is ons met die Vader versoen. Niks kan tussen ons en die Vader staan nie (Romeine 8:38-39 AFR83) – behalwe as ons sonde in ons harte wegsteek.
Jesus se kruisdood is die “antidote”, die teenmiddel teen Godverlatenheid, "abandonment" en verwerping. Toe Hy na die hemel opgevaar het, het Hy vir ons die Heilige Gees gestuur om in ons te woon. Hy sal ons nie verlaat nie.
“In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees” (Efesiërs 1:5-6 AFR83). Deur sy kruis en bloed het Jesus verseker dat ons nooit verwerping ("abandonment") sal ervaar nie.
Toe jy Jesus as Verlosser en Here aanvaar het, het jy die reg gekry om 'n kind van God te wees (Johannes 1:12),en die Heilige Gees het in jou kom woon. God, die Drie-eenheid, is alomteenwoordig. Hy is oral. Daar is geen sentimeter van die heelal waar Hy nie ten volle teenwoordig en in totale beheer is nie. Daarom kan jy nooit in 'n situasie wees waar God nie by jou en in jou is nie. Die enigste ding wat kommunikasie tussen jou en die Vader kan blokkeer, is doelbewuste, onbelyde sonde.
Aangaande hierdie leesplan

Die meeste van ons ken die gevoel van verwerping, om uitgesluit te voel, "to feel abandoned." Dit is 'n toenemende ervaring by baie mense. Ons samelewing en die groei van sosiale media, intensifiseer die gevoel van eensaamheid en daar is 'n toeneme in woede. Hierdie leesplan spreek hierdie emosie aan.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com







