Ek Voel VerwerpVoorbeeld

Gee jouself aan God oor
Die sesde stap om verwerping te oorkom, is om jouself aan God oor te gee. Dit beteken om in sy arms te hardloop, Hom toe te laat om jou te omhels en Hom met jou hele hart lief te hê.
Sommige mense kan dit om verskeie redes moeilik vind.
Dit kan wees dat die vaderfiguur in hul lewens nie betroubaar was nie, of afstootlike dinge gedoen het. Ons sien God dikwels deur die lens van ons aardse vaders. God is egter 'n volmaakte, heilige, liefdevolle, vriendelike Vader, vol genade, barmhartigheid en goedheid. Wanneer ons ons na Hom wend, sal ons altyd vind dat Hy vir ons wag en dat hy ons met sy guns wil oorlaai.
Onthou jy die verhaal van die verlore seun in Lukas 15:11-24? In vers 20 lees ons van die onvervangbare liefde van die vader vir sy seun. "Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom" (Lukas 15:20 AFR83). Hier sien ons 'n vader wat wag, omhels en vergewe.
Soms leef jy op ‘n manier wat tot gevolg het dat God homself van jou onttrek en jy sy dissipline beleef. Jy moet egter steeds onthou dat God wag dat jy sal terugkeer sodat Hy jou kan vergewe en seën.
Ons leef in 'n wêreld waar daar van almal verwag word om vir hulself te sorg, vir hul regte te veg en waar swakheid dikwels as onaanvaarbaar beskou word. Ons word oorval met films en boeke wat wraak en onvergewensgesindheid aanmoedig en as normaal aanvaar. Die noodwendige gevolg daarvan is dat ons maklik by die punt kom waar ons dit aanvaarbaar vind. Van die wêreld leer ons om nie onder iemand anders se wil te buig of volgens hulle reëls te leef nie.
Wanneer jy jouself aan God oorgee, vertrou jy jouself toe aan sy volkome goedheid. Jy gee jou oor aan die een wat jou geskep het, die enigste een wat jou pyn en omstandighede ten volle verstaan. Hy sal nooit daardie kennis oor jou misbruik nie. In Hom sal jy veiligheid vind.
Dit maak nie saak hoe dikwels mense ons seermaak, verwerp of verlaat nie, ons liefdevolle God bly altyd getrou. Ons is sy kosbare kinders; selfs wanneer ander ons verlaat, sal Hy ons nooit verlaat nie. Soos die verlore seun, kan ons vertroosting en hoop vind in sy genade en teenwoordigheid.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die meeste van ons ken die gevoel van verwerping, om uitgesluit te voel, "to feel abandoned." Dit is 'n toenemende ervaring by baie mense. Ons samelewing en die groei van sosiale media, intensifiseer die gevoel van eensaamheid en daar is 'n toeneme in woede. Hierdie leesplan spreek hierdie emosie aan.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com








