Groei elke dagVoorbeeld

’n Groot beloning wag op ons
“As ons enduit stewig bly vashou aan die vertroue op God waarmee ons oorspronklik begin het, het ons deelgenote geword van alles wat aan Christus behoort.” (Hebreërs 3:14, NLV)
Daar was eenkeer ’n kompetisie waarin deelnemers vir so lank moontlik met hulle hand aan ’n spesifieke kar moes raak. Hulle kon hulle voete of hulle liggaam effens beweeg, maar hulle mag nie hulle hand van die kar gelig het nie, want dan sou hulle gediskwalifiseer word. Die laaste persoon wat dit kon regkry om nie die kar te los nie, het die kar gewen. Dit lyk dalk soos ’n eenvoudige uitdaging, maar dit is baie dieselfde as ons geloofsreis.
Om vir God te lewe, beteken dat ons toewyding, deursettingsvermoë en gehoorsaamheid aan Hom moet openbaar. Die reis kan uitputtend en pynlik wees, maar ook vol hoop en blydskap. ’n Baie groot prys wag op almal wat God toegewyd vereer en hulle lewe daagliks vir en saam met Hom lewe (Hebreërs 3:14).
Hierdie oordenkings is geneem uit MINI-OORDENKINGS VIR JONG VROUE deur Mallory Larsen © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek gerus www.cumbooks.co.za.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

In hierdie lewe kan ons dalk struikel en val, ons kan van koers af raak, maar ons kan vertrou dat God ons sal lei terwyl ons in Hom groei. Mallory Larsen moedig jou met hierdie kort oordenkings aan om vas te hou aan jou geloof dat God by jou is, terwyl ons steeds gevorm word namate ons meer oor God (en onsself!) leer.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us