Groei elke dagVoorbeeld

Kommer help niks
“Kan al julle bekommernisse ’n enkele sekonde tot julle lewe toevoeg? Natuurlik nie!” (Lukas 12:25, NLV)
Daar is altyd soveel dinge waaroor ons ons bekommer: geld, werk, verhoudings, gesondheid. Maar wat help bekommernis ons in elk geval? Help dit om ons angs oor ’n spesifieke saak te verminder as ons ons bekommer? Word die saak waaroor ons ons bekommer enigsins beter danksy die bekommernis? En waar is ons geloof in God se beskerming dan wanneer ons angs groter as sy teenwoordigheid voel?
Dit is nie altyd maklik om ons bekommernisse vir God te gee nie, maar dit is juis wanneer ons dít doen dat ons vrede ervaar. Die angs wat ons gedurende moeilike omstandighede ervaar, verander nie die omstandighede nie – dit beïnvloed slegs ons welstand negatief. Haal diep asem, deel jou bekommernisse met die Een wat jou kan red en ervaar vrede te midde van die chaos (1 Petrus 5:7).
Aangaande hierdie leesplan

In hierdie lewe kan ons dalk struikel en val, ons kan van koers af raak, maar ons kan vertrou dat God ons sal lei terwyl ons in Hom groei. Mallory Larsen moedig jou met hierdie kort oordenkings aan om vas te hou aan jou geloof dat God by jou is, terwyl ons steeds gevorm word namate ons meer oor God (en onsself!) leer.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us