Groei elke dagVoorbeeld

Trappe klim
“Wat is geloof dan? Dit is ’n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak.” (Hebreërs 11:1, NLV)
Jy stap snags in jou huis met die trap na onder sonder om die ligte aan te skakel. Jy neem elke tree baie versigtig terwyl jy aan die muur of die reling langs jou vashou. Jy weet dat daar al die pad tot onder trappe is, maar jy is bang dat jy dalk een trap mis of gly en val.
Net só kan dit ons bang maak om aan ons geloof in God vas te hou. Om in Hom te glo, beteken dat ons die volgende tree gee, selfs al kan ons nie sien waarheen dit lei nie. In hierdie lewe kan (en sal) ons dalk struikel en val, ons kan van koers af raak, maar ons kan vertrou dat daar áltyd nog trappe voor ons sal wees en dat God aan ons sy sal wees om ons na vaste grond toe te lei (2 Korintiërs 5:7). Ons moet net vashou aan ons geloof dat Hy by ons is.
Aangaande hierdie leesplan

In hierdie lewe kan ons dalk struikel en val, ons kan van koers af raak, maar ons kan vertrou dat God ons sal lei terwyl ons in Hom groei. Mallory Larsen moedig jou met hierdie kort oordenkings aan om vas te hou aan jou geloof dat God by jou is, terwyl ons steeds gevorm word namate ons meer oor God (en onsself!) leer.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us