Groei elke dagVoorbeeld

Groei elke dag

DAG 1 VAN 7

Oefeninge vir die siel

“Liggaamlike oefening het wel waarde, maar geestelike oefening is baie belangriker, want dit hou die belofte in van beloning, sowel in hierdie lewe as in die volgende.” (1 Timoteus 4:8, NLV)

Oefening is ’n uitstekende manier om ons liggaam te respekteer en te versorg. Om ’n gereelde oefenprogram te volg, hetsy by ’n gimnasium of by die huis, is een manier om na ons gesondheid om te sien. Watter oefeninge doen jy om na jou liggaam om te sien?

Op dieselfde manier kan ons geestelike oefeninge doen wat ons geloofsgesondheid sal oefen, versterk en bevorder (1 Timoteus 4:8). Dit is ’n gereelde roetine wat in ’n kerk, by die huis of buite (of dalk in al drie plekke) kan plaasvind, en die invloed daarvan is tydloos. Anders as die oefeninge vir ons fisieke liggame, wat ons eendag in die steek sal laat, sal ons geestelike oefeninge ons na die ewige lewe in die hemel lei (1 Timoteus 4:8).

Watter oefeninge moet jy vir jou siel doen?

Aangaande hierdie leesplan

Groei elke dag

In hierdie lewe kan ons dalk struikel en val, ons kan van koers af raak, maar ons kan vertrou dat God ons sal lei terwyl ons in Hom groei. Mallory Larsen moedig jou met hierdie kort oordenkings aan om vas te hou aan jou geloof dat God by jou is, terwyl ons steeds gevorm word namate ons meer oor God (en onsself!) leer.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us