Groei elke dagVoorbeeld

Groei elke dag

DAG 5 VAN 7

Die lewe in wording

“Nie dat ek dit alles al bereik het, of al klaar volmaak is nie. Maar ek hou aan jaag om dit myne te maak omdat Christus Jesus my Sýne gemaak het!” (Filippense 3:12, NLV )

Maak jy nog steeds foute? Maar jy is dan al ’n grootmens!

As grootmense maak ons natuurlik steeds foute! Ons kan dikwels, selfs nou nog, dink dat die mense wat ons bewonder “alles agtermekaar het”. Natuurlik weet ons dat almal sondaars is, maar ons onderwysers en leiers is tog sekerlik min of meer klaar met die sonde, of hoe?

Toe nie. Ons is almal nog “onder konstruksie” – altyd! Ongeag hoe ver ons alreeds op ons geloofsreis gevorder het, word ons nog steeds gevorm namate ons meer oor God (en onsself!) leer. Ons kan ’n leeftyd lank meer oor Hom ontdek en steeds slegs die boonste lagie onthul van wié Hy is. Ons sal nooit “volmaaktheid” aan hierdie kant van die hemel bereik nie (Filippense 3:12), maar ons kan dit steeds met hoop nastreef, in die wete dat ons wel eendag by Hom, heel sal wees.

Aangaande hierdie leesplan

Groei elke dag

In hierdie lewe kan ons dalk struikel en val, ons kan van koers af raak, maar ons kan vertrou dat God ons sal lei terwyl ons in Hom groei. Mallory Larsen moedig jou met hierdie kort oordenkings aan om vas te hou aan jou geloof dat God by jou is, terwyl ons steeds gevorm word namate ons meer oor God (en onsself!) leer.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us