Groei elke dagVoorbeeld

Groei elke dag

DAG 6 VAN 7

Hoop binne-in die modder

“As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word.” (1 Petrus 1:7, NLV)

Dit is maklik om te voel dat die “gras altyd groener is aan die ander kant van die draad”. Almal lyk dalk of hulle die lewe het wat ons begeer, terwyl ons ongelukkig of wanhopig tussen die modder en klippe lewe, eerder as tussen welige groen gras.

Die waarheid is, as ons onsself met ander vergelyk, kan dit die realiteit van God se teenwoordigheid in ons lewe oorskadu. As ons vertrou dat die pad waarop ons nou is, óns pad is waarop God ons lei en wat spesiaal vir ons gemaak is, kan dit ons help om die seën in die moeilike tye van ons lewe raak te sien omdat ons weet dat dit ons help vorm. God het elkeen van ons lewens spesiaal vir ons ontwerp sodat ons op verskillende tye geseën sal word. God is by ons en berei vir ons seëninge vir later voor (Jeremia 29:11).

Aangaande hierdie leesplan

Groei elke dag

In hierdie lewe kan ons dalk struikel en val, ons kan van koers af raak, maar ons kan vertrou dat God ons sal lei terwyl ons in Hom groei. Mallory Larsen moedig jou met hierdie kort oordenkings aan om vas te hou aan jou geloof dat God by jou is, terwyl ons steeds gevorm word namate ons meer oor God (en onsself!) leer.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us