Groei elke dagVoorbeeld

Groei elke dag

DAG 2 VAN 7

Sien die heerlikheid raak

“As julle ly omdat julle doen wat God wil hê, moet julle aanhou goeddoen en julle lewe oorlaat aan God wat julle gemaak het. Hy sal julle nooit in die steek laat nie.” (1 Petrus 4:19, NLV)

Watter soort pyn het jy al verduur waaroor jy terselfdertyd kon bly wees? Dit klink nogal onlogies, maar dink byvoorbeeld aan die geboorteproses van babas. Bitter min dinge kom by die fisieke pyn wat met geboorte gepaardgaan. En tog is dit sulke glorieryke pyn, aangesien jy aan die einde daarvan jou pasgebore baba in jou arms kan hou, met haar lyfie teen joune, en dit maak alles die moeite werd.

Om vir God te lewe in hierdie wêreld sal nie sonder swaarkry wees nie (1 Petrus 4:1). Ons moet dalk stroom-op gaan, ons geloof verdedig en bespotting verduur. En tog is dit glorieryke swaarkry – al ons probleme op aarde sal gou vergete wees wanneer ons vir ewig in die hemel sonder pyn kan lewe (Openbaring 21:4). Watter swaarkry moet jy vandag verduur? Kan jy gefokus bly op die heerlikheid en glorie wat uit die pyn sal voortspruit?

Aangaande hierdie leesplan

Groei elke dag

In hierdie lewe kan ons dalk struikel en val, ons kan van koers af raak, maar ons kan vertrou dat God ons sal lei terwyl ons in Hom groei. Mallory Larsen moedig jou met hierdie kort oordenkings aan om vas te hou aan jou geloof dat God by jou is, terwyl ons steeds gevorm word namate ons meer oor God (en onsself!) leer.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us