Geborge in Christus - 'n Studie van EfesiërsVoorbeeld

Meer As Genoeg
Lees: Efesiërs 1:11-14
SOAP: Efesiërs 1:13
Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. AFR83
Oordenking
Genoeg. As vroue, weifel ons dikwels of ons genoeg of te veel gedoen het. Dieselfde gebeur in ons geloof. Baie mense sukkel met die waarheid dat ons niks meer hoef te doen as om net op Christus te vertrou vir verlossing nie. Ons hoef nie bekommerd te wees dat God ons verlossing sal terugtrek as Hy na ons kyk nie.
Paulus skryf duidelik dat ‘n persoon deur die Heilige Gees beseël word vanaf die oomblik wat sy glo. Wat beteken dit? Dit beteken dat God self sy Gees aan ons gee om te verklaar dat ons aan Hom behoort.
In die ou tyd het konings en heersers ‘n seëlring gedra met ‘n seël wat in die metaal gegraveer was. Hulle het dit gedra sodat hulle enige amptelike dokumente of briewe met hul seël kon merk as ‘n gesaghebbende teken dat dit van die koning af gekom het.
In plaas daarvan om gelowiges bloot as sy eiendom te merk, gee God eerder vir ons die Heilige Gees om in gelowiges te woon. Sodoende werk die Heilige Gees in die gelowiges se lewens om hulle daagliks te oortuig, te lei, te verenig en te bemoedig.
Ons word nie op ons eie gelos om te wonder of ons genoeg is of genoeg gedoen het nie. God het die Heilige Gees gestuur om ons daagliks te herinner dat Christus genoeg is, en dat sy offerande namens ons meer as genoeg was om ons te red.
Gebed
God, dankie dat U u geliefde Seun, Jesus, gestuur het; Jesus wat genoeg is, wat al is wat ek nodig het vir lewe en dood, en wat my ewige verlossing verseker het. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die wêreld vertel ons dikwels dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop. In hierdie studie gaan jy vir ses weke lank reis deur die boek Efesiërs, waar jy sal sien dat ‘n lewe wat gebou word op die liefde, genade, vryheid, en vergifnis van die Evangelie, alles verander.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans