Geborge in Christus - 'n Studie van EfesiërsVoorbeeld

Uit Genade, Deur Geloof
Lees: Efesiërs 2:6-10
SOAP: Efesiërs 2:8-9
Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. AFR83
Oordenking
Buiten vakansies, vind ons selde dat dinge in die lewe gratis of sonder voorwaardes is. Meestal moet ons iets verdien of daarvoor betaal voor ons dit ontvang. Dit maak dit nogal moeilik om Paulus se woorde in Efesiërs 2 te glo. Kan die evangelie so eenvoudig wees?
In gister se gedeelte het ons geleer dat God sy barmhartigheid in oorvloed aan ons skenk. Vandag lees ons dat verlossing 'n geskenk van genade is. Terwyl barmhartigheid is om nie te kry wat jy verdien nie, is genade om te kry wat jy nie verdien nie. Dit is onverdiende guns.
Verlossing is 'n geskenk van genade deur geloof. Hierdie waarheid is so teenstrydig met elke ander wêreldgodsdiens wat sê dat jy moet werk om jou verlossing te verdien. Christenskap sê die teenoorgestelde. Ons hoef niks te doen om ons verlossing te verdien nie, want ons kan nie en ons verdien dit nie.
In plaas daarvan moet ons net op Jesus vertrou as ons Here en Verlosser. Ons sonde verdien die dood, maar Jesus het ons plek ingeneem deur aan die kruis vir ons sondes te sterf en drie dae later uit die graf op te staan. Hy het dit gedoen uit sy groot liefde vir ons.
Dit is die eenvoudige waarheid van die evangelie. Dit is nie Jesus plus werke nie. Dit is nie Jesus plus elke week kerk toe gaan nie. Dit is nie Jesus plus diens en liefdadigheid nie. Dit is Jesus alleen. Dit is uit genade deur geloof.
As jy nog nooit in Jesus as jou Verlosser vertrou het nie, wat hou jou terug? Hy wag met oop arms vir jou om na Hom toe te kom. As jy op Jesus vertrou, rus jy in die genade van sy verlossing, of probeer jy jou verlossing verdien? In Christus kan alle strewes ophou. Ons kan rus vind in sy volkome voorsiening en genadegawe.
Gebed
Jesus, dankie dat verlossing uit genade, deur geloof is en dat ek nie my dae hoef te spandeer om u guns en goedkeuring te probeer verdien nie. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die wêreld vertel ons dikwels dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop. In hierdie studie gaan jy vir ses weke lank reis deur die boek Efesiërs, waar jy sal sien dat ‘n lewe wat gebou word op die liefde, genade, vryheid, en vergifnis van die Evangelie, alles verander.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans