Geborge in Christus - 'n Studie van EfesiërsVoorbeeld

Week 2 / Lewend deur Genade
Nuut Gemaak
Lees: Efesiërs 2:1-5
SOAP: Efesiërs 2:4-5
Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! AFR83
Oordenking
Maar God. Hierdie is twee van my gunsteling woorde in die hele Skrif. Dit dui op God se heerskappy, sy liefde, sy genade en sy mag. Nog nooit was hierdie twee woorde so belangrik as wanneer dit kom by ons sondige toestand voor ‘n heilige God nie.
Dikwels hou ons daarvan om aan onsself as redelik goed te dink. Ons doen goeie dinge. Ons sê vriendelike woorde. Ons deel dalk ons middele om die minderbevoorregtes te help. Oor die algemeen glo ons dat ons goeie die slegte oorheers. Ons lewe lyk dalk beter as ander mense s’n, maar in die lig van God se heiligheid kan ons sondigheid nie weggesteek word nie.
Paulus skryf die waarheid oor ons toestand voor God. Hy sê dat ons dood was in ons oortredinge en sonde. Sonde is enigiets wat ons dink, sê of doen wat nie aanneemlik is vir God of Hom vereer nie. Ons sonde skei ons heeltemal van ons heilige, of perfekte God. Nie net was ons dood in ons sonde nie, maar ons het gekies om te sondig. Ons het ons in ons begeertes verlustig en het straf verdien. Daar was niks wat ons kon doen in ons gebroke, verdorwe toestand nie.
Maar God is ryk in barmhartigheid. Barmhartigheid is om nie te kry wat jy verdien nie. God het sy liefde, genade en vergifnis bewys deur vir ons ‘n nuwe lewe te bied.
Dit is nie dat God vir ons ‘n spesiale vergunning gegee het om vergewe te word nie. Nee, Hy het ons dooie toestand geneem en ons totaal nuut gemaak. Die oue is verby en die nuwe het gekom (2 Korintiërs 5:17). Dit is hoekom die evangelie van Jesus Christus sulke goeie nuus is! Jy is lewend en nuut gemaak.
Gebed
God, dankie vir u ryk barmhartigheid. Ek verdien nie u genade en barmhartigheid nie. My sonde is afgryslik voor U, en tog het U gekies om vir my vergifnis deur Jesus te bied. Laat ek nie my nuwe lewe as vanselfsprekend aanvaar nie. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die wêreld vertel ons dikwels dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop. In hierdie studie gaan jy vir ses weke lank reis deur die boek Efesiërs, waar jy sal sien dat ‘n lewe wat gebou word op die liefde, genade, vryheid, en vergifnis van die Evangelie, alles verander.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans