Geborge in Christus - 'n Studie van EfesiërsVoorbeeld

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

DAG 7 VAN 43

Groei na Volwassenheid

Lees: Efesiërs 1:15-23

SOAP: Efesiërs 1:17

Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. AFR83

Oordenking

Een van die lieflikste geskenke in my lewe is ‘n groep dames wat al vir meer as 20 jaar my beste vriendinne is. Hulle ken al my sterkpunte, swakpunte en geite. Aangesien hulle my al so lank ken, weet hulle hoe om my te bemoedig en waarheid in my lewe in te spreek wanneer ek swaarkry. Dit is ‘n gawe om geken te word en om te weet jy het mense aan jou kant.

Dit was ook die geval met die mense in Efese. Aangesien Paulus twee jaar onder hul gewoon het, het hy die Christene in die stad intiem geken en ‘n hegte verhouding met hulle gehad. Dit is waarom hy so spesifiek kon bemoedig en bid.

Paulus bid dat die gelowiges in Efese sou aanhou groei in hul geloof. Hy bid dat hul wysheid en begrip sou toeneem. Hy bid dit nie sodat hulle bloot suksesvol in die wêreld sal wees nie. Hy bid dat hulle kan floreer in hul verhouding met Christus namate hulle die hoop van die evangelie verstaan.

Hierdie gebed is steeds so relevant vandag. Ons verhouding met God is nie bedoel om te stagneer nie, maar om met die verloop van tyd te ontwikkel en te verdiep. Die beste manier om dit te doen, is om Hom beter te leer ken deur wat Hy van Homself in sy Woord openbaar het.

Ons hier by Love God Greatly hou nie op om dankie te sê vir jou nie en ons bid vir jou in jou strewe om ‘n lewe te lei wat God en ander mense elke dag liefhet. Ons bid dat jy die onvergelykbare grootheid van ons goeie God sal bly sien terwyl Hy in jou lewe werk. Hou aan, liewe vriendin!

Gebed

God, ek bid dat U my sal help groei in wysheid en begrip van U. Mag my liefde vir u Woord, u mense en u karakter veelvuldig toeneem hierdie jaar. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die wêreld vertel ons dikwels dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop. In hierdie studie gaan jy vir ses weke lank reis deur die boek Efesiërs, waar jy sal sien dat ‘n lewe wat gebou word op die liefde, genade, vryheid, en vergifnis van die Evangelie, alles verander.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans