Geborge in Christus - 'n Studie van EfesiërsVoorbeeld

Verhale van Verlossing
Lees: Efesiërs 1:7-10
SOAP: Efesiërs 1:7-8
Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het. AFR83
Oordenking
Daar is 'n rede waarom ons almal aangetrokke is tot verhale van verlossing. Of dit nou 'n skurk is wat vriendelikheid kies of homself opoffer vir iemand anders, 'n tragiese situasie wat ten goede gebruik word, of vyande wat in vriende verander, ons wil juig dat "die goeie" sal seëvier en om te weet dat daar hoop vir verandering is.
Paulus skryf in Efesiërs 1:7-10 dat ons wat op Jesus vertrou, verlossing het deur Jesus se bloed. Let op die verskil tussen wat Paulus skryf en die verlossing wat ons algemeen in films en boeke sien. In die sekulêre wêreld vind verlossing plaas wanneer 'n individu iets bereik of iets goeds doen. Dit is nie so vir diegene wat in Christus is nie. Ons hoef niks te doen om verlossing te ontvang nie. Ons moet eenvoudig ons sonde erken en op Jesus vertrou. Hy is die een wat ons verlossing bewerkstellig.
Ons is nie die helde van die verhaal nie. Jesus is. Ons is bloot ontvangers van sy oorvloedige genade. En wat meer is, Paulus sê vir ons dat ons verlossing deel is van God se groter plan vir sy skepping. Eendag sal Jesus terugkeer as die ewige koning. Wanneer dit gebeur, sal almal wat hulle geloof in Hom geplaas het, verenig word onder sy leierskap.
Dit is die grootste verhaal van verlossing wat nog ooit geken is. Maak nie saak waar jy vandag is nie, jy kan die verlossing ontvang wat deur Jesus gevind word. Dit is nie iets wat jy hoef te verdien nie, maar 'n oorvloedige genadegawe van ons Hemelse Vader.
Gebed
Jesus, dankie vir u opofferende lewe en die verlossing wat U vryelik gee aan almal wat op U vertrou. Ek smag na die dag wanneer U sal terugkeer om alles nuut te maak en om vir ewig as die volmaakte koning te heers. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die wêreld vertel ons dikwels dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop. In hierdie studie gaan jy vir ses weke lank reis deur die boek Efesiërs, waar jy sal sien dat ‘n lewe wat gebou word op die liefde, genade, vryheid, en vergifnis van die Evangelie, alles verander.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans