Geborge in Christus - 'n Studie van EfesiërsVoorbeeld

Memoriseervers vir die Week:
So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.
Efesiërs 1:4 AFR83
Uitdaging vir die Week:
Die boek Efesiërs is Paulus se aansporing aan die gemeente in Efese om die evangelie te verstaan en om tot volwassenheid te groei. Een manier om in jou verhouding met Jesus te groei, is om daaglikse dissiplines te ontwikkel en deur ander gelowiges verantwoordbaar gehou te word. Terwyl jy hierdie studie doen, vind 'n ander gelowige met wie jy kan deel wat jy geleer het en hoe jy God sien werk het in jou lewe en in die lewens van ander rondom jou. Dit kan daagliks of weekliks gedoen word.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die wêreld vertel ons dikwels dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop. In hierdie studie gaan jy vir ses weke lank reis deur die boek Efesiërs, waar jy sal sien dat ‘n lewe wat gebou word op die liefde, genade, vryheid, en vergifnis van die Evangelie, alles verander.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans