'n Bybelse Perspektief Op Dood en LeweVoorbeeld

'n Bybelse Perspektief Op Dood en Lewe

DAG 9 VAN 9

Om in lewe of dood aan die Here toegewy te wees

“As ons leef, leef ons immers vir die Here; en as ons sterf, sterf ons vir die Here. Of ons dan lewe of sterwe, ons behoort aan die Here” (Romeine 14:8 AFR20).

Van die oomblik af dat hy besef het wie Jesus Christus is, het die apostel Paulus sy hele lewe aan Hom gewy. Hy het dit as vanselfsprekend aanvaar dat elke Christen se primêre doel in die lewe is om die Here te behaag. Want ons behoort aan Jesus en is nou verbonde aan Hom "of ons lewe en of ons sterf." Niks kan dit verander nie, en niks is belangriker as ons verhouding met Jesus nie.

In 'n ander brief skryf Paulus dat Jesus vir almal gesterf het "... sodat dié wat leef, nie meer vir hulleself sal leef nie, maar vir Hom wat ter wille van hulle gesterf het en opgewek is" (2 Korintiërs 5:15 AFR20).

In hierdie konteks is dit ook belangrik om te lees wat Paulus se motivering was om dit te sê. Hy probeer nie sy medegelowiges tot 24/7 diens aan God dwing as 'n betaling vir hulle redding nie. In plaas daarvan sê Paulus dat hy deur die liefde van Christus gedryf word (2 Korintiërs 5:14), en sy diens aan God is 'n vrug van sy vryheid van sonde (Romeine 6:22). Dit is vir hom nie 'n las nie, maar 'n plesier om "vir die Here te lewe." Aangesien Paulus seker is van sy redding, is hy nie bang om te sterf nie. Hy weet dat hy selfs na die dood veilig by sy Here en Verlosser is.

Hoe kan jy jou lewe aan die eer van God wy?

Dankie dat jy hierdie leesplan voltooi het. Ons hoop jy het dit geniet. As jy meer wil lees oor God en hoe om saam met Hom te lewe, besoek asseblief ons webwerf of teken in vir 'n ander leesplan.

Aangaande hierdie leesplan

'n Bybelse Perspektief Op Dood en Lewe

Die dood is deel van die lewe. Of so is ons geneig om te dink. Die Here God het egter die dood oorwin. Hy bied aan ons die ewige lewe. Verbonde aan Hom ervaar ons 'n volheid van lewe in liggaam en siel.

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: globalrize.org