'n Bybelse Perspektief Op Dood en LeweVoorbeeld

Die dood is nie die einde nie
"En net soos dit bestem is vir mense om slegs een maal te sterf en daarna kom die oordeel" (Hebreërs 9:27 AFR20).
Wanneer iemand sterf, is dit duidelik in sy of haar liggaam. Die hart klop nie meer nie, en omdat die bloed nie meer vloei nie, word die liggaam koud en styf. Die lewe het uitgegly en sal nooit terugkeer nie. Die dood is finaal en onomkeerbaar.
Die fisieke dood is egter nie die einde nie. Dit blyk duidelik uit die vers wat ons vandag lees. 'n Mens is soveel meer as sy fisieke liggaam. Trouens, die Bybel vergelyk ons liggame met 'n tent waarin ons tydelik woon. Nadat ons dood is, verruil ons daardie tent vir 'n permanente huis. Die oordeel van God bepaal waar daardie woning sal wees: by Hom in die hemel en later op die nuwe aarde, of buite sy teenwoordigheid in die hel.
Dit is belangrik om te verstaan dat hierdie oordeel van God oor jou ewige bestemming nie arbitrêr is nie. Die Bybel is baie duidelik daaroor. Eintlik verdien niemand om die ewigheid saam met God deur te bring nie, want ons het Hom geïgnoreer en met ons sondes diep seergemaak. Elkeen wat sy aanbod van vergifnis en versoening aanvaar, word steeds verwelkom. Jy moet in hierdie lewe daardie keuse maak. Jy sal nie 'n tweede kans ná die dood kry nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die dood is deel van die lewe. Of so is ons geneig om te dink. Die Here God het egter die dood oorwin. Hy bied aan ons die ewige lewe. Verbonde aan Hom ervaar ons 'n volheid van lewe in liggaam en siel.
More
Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: globalrize.org