'n Bybelse Perspektief Op Dood en LeweVoorbeeld

'n Bybelse Perspektief Op Dood en Lewe

DAG 3 VAN 9

Die Here Jesus Christus was gereed om vir ons te sterf

"Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood. Hy is 'n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe" (Hebreërs 2:9).

God is ewig. Hy het geen begin en geen einde nie. Die dood het geen houvas op Hom nie.

Die Seun van God was egter bereid om mens te word, ons sonde op Hom te neem en in ons plek te sterf. Hy is aan 'n kruis vasgespyker en het 'n grusame dood gesterf. Toe is sy liggaam in doeke toegedraai en begrawe. ’n Groter vernedering kan kwalik vir die almagtige Skepper van die heelal voorgestel word!

Jesus se dood is die grootste bewys van liefde wat die mensdom nog ooit gesien het. Soos Romeine 5 dit stel, kan ons ons dalk voorstel dat iemand bereid sal wees om vir 'n goeie vriend of geliefde te sterf. 'n Held in 'n goeie storie kan dit dalk doen. Jesus se offer het egter baie verder gegaan. Hy het gesterf vir mense wat Hom vyandiggesind was en voortdurend skuld opgehoop het deur teen God te sondig. Jesus se liefde het net van een kant af gekom.

Waarom was Jesus se dood nodig? Deur in ons plek te sterf, het Hy tot die einde toe die straf vir ons sondes gedra. Elkeen wat in Hom glo, is dus bevry van die straf van sonde, insluitend die ewige dood. Op hierdie manier word die mag van die dood gebreek.

Sou jy bereid wees om in iemand anders se plek te sterf?

Aangaande hierdie leesplan

'n Bybelse Perspektief Op Dood en Lewe

Die dood is deel van die lewe. Of so is ons geneig om te dink. Die Here God het egter die dood oorwin. Hy bied aan ons die ewige lewe. Verbonde aan Hom ervaar ons 'n volheid van lewe in liggaam en siel.

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: globalrize.org