'n Bybelse Perspektief Op Dood en LeweVoorbeeld

Om geestelik dood te wees
“Julle was dood deur die oortredings en sondes waarin julle vantevore geleef het ...” (Efesiërs 2:1,2 AFR20).
Solank 'n persoon beweeg en asemhaal, is dit duidelik dat hierdie persoon lewe. Tog kan hierdie persoon geestelik dood wees. Inderdaad, enigiemand wat Jesus Christus nie deur geloof as sy Here en Verlosser aangeneem het nie, is “dood deur hulle oortredinge en sondes”. Hierdie uitdrukking weerspieël die hopeloosheid van ons natuurlike toestand. Die sonde van ons eerste voorvader Adam, het nie net ons fisieke dood veroorsaak nie, maar het ook ons verhouding met God beskadig en ons aan die Satan, God se aartsvyand, verslaaf. Ons was geskei van die Lig van die wêreld en in duisternis verstrengel. Dit is so 'n hopelose toestand dat dit inderdaad met die dood vergelyk kan word. Die ergste is dat hierdie toestand nie eindig wanneer ons sterf nie, maar in 'n ewigheid van duisternis en dood voortgaan.
Tog het die Here vir ons 'n uitweg gegee. Dit is waarna in vers 4 verwys word. Toe ons geestelik dood was, het God ons saam met Christus lewend gemaak, sê Paulus. Dit is waar vir elkeen wat God se liefde en genade aanvaar. As ons ons van ons sondes bekeer en Hom vra om ons te red, het ons “uit die dood lewend geword” (Romeine 6:13 AFR20). Hierdie lewe gaan voort, selfs nadat ons sterf.
Wat dink jy van die bogenoemde beskrywing van ons natuurlike toestand? Kan jy aan sinonieme of alternatiewe beskrywings dink?
Aangaande hierdie leesplan

Die dood is deel van die lewe. Of so is ons geneig om te dink. Die Here God het egter die dood oorwin. Hy bied aan ons die ewige lewe. Verbonde aan Hom ervaar ons 'n volheid van lewe in liggaam en siel.
More
Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: globalrize.org