'n Bybelse Perspektief Op Dood en LeweVoorbeeld

'n Bybelse Perspektief Op Dood en Lewe

DAG 1 VAN 9

Is die dood deel van die lewe?

“'n Mens is bestem om net een maal te sterf ...” (Hebreërs 9:27).

Die brief aan die Hebreërs noem die dood byna terloops in sy redenasie: elke mens sal een keer sterf. Die skrywer hoef nie veel verdere verduideliking te gee nie, want hierdie hartseer feit is aan almal bekend. Die dood is eenvoudig deel van die lewe. Dit was nog altyd so.

Tog nie — nie altyd nie. Heel aan die begin, toe God die aarde en die mens geskep het, was die dood nié deel van sy skepping nie. Daar was baie lewe: plante, bome, visse, voëls, landdiere en mense. Die lewende wesens is opdrag gegee om te vermeerder en die aarde met selfs meer oorvloedige lewe te vul. Daar was egter geen dood nie.

Romeine 5:12-17 verduidelik vir ons hoe die dood in die wêreld gekom het: “deur een oortreding van een mens” (vers 17). Daardie een man was ons eerste voorvader, Adam. Hy was ongehoorsaam aan God en die hele mensdom het Adam se sondige natuur geërf. Daarom word alle mense onderwerp aan die straf vir sonde wat God vooraf aangekondig het: “... sal jy sekerlik sterwe” (Genesis 2:17 AFR53).

Sedertdien was die dood inderdaad 'n onvermydelike deel van die lewe. Ons kan niks aan daardie feit verander nie. Tog is dit belangrik om te besef dat die dood nie tot God se oorspronklike skepping behoort het nie. Dit is nie deel van sy ideale wêreld nie. Daarom het God die dood se krag gebreek, soos ons in die komende dae sal sien. Dit gee hoop!

Aangaande hierdie leesplan

'n Bybelse Perspektief Op Dood en Lewe

Die dood is deel van die lewe. Of so is ons geneig om te dink. Die Here God het egter die dood oorwin. Hy bied aan ons die ewige lewe. Verbonde aan Hom ervaar ons 'n volheid van lewe in liggaam en siel.

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: globalrize.org