Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 14 VAN 40

Die proses van REINHEID

TOEWYDING

Die Woord sê, as ons die Here soek sal ons Hom vind.

Dis geen geringe belofte nie! Die almagtige, alwetende God van die heelal sal ons toelaat om Hom te vind, eenvoudig omdat ons kies om Hom te soek. Nog meer verstommend is sy toewyding aan ons vrye wil, tot so 'n mate, dat alhoewel Hy meer intimiteit van ons verlang, Hy die keuse aan ons oorlaat.

Wanneer ons God soek, laat ons toe dat God ons ken en elke terrein van ons lewe in ooreenstemming met sy wil bring. Dis die proses van toewyding. Alhoewel ons altyd voor die versoeking van onreinheid te staan sal kom, as 'n gevolg van sonde en ons eie vlees, kan ons mettertyd 'n veerkragtige suiwerheid van karakter ontwikkel, deur ons doelgerigte pogings om God te soek en ons lewens aan Hom toe te wy, eerder as om dit in ons eie krag aan te pak. Dit is die gevolg van ware verandering.

John Wesley het gesê: "Gebruik alle maniere om net na God te soek. In en deur alle vleeslike dinge, kyk net na die krag van sy Gees en die voordele van sy Seun."

Ondersoek jou hart: Is "Soek God" bo-aan my prioriteitslys?

Watter spesifieke terreine van my lewe het ek aan Hom toegewy?

Hoe kan ek daarop konsentreer om Hom te soek eerder as om daarna te streef?

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home