Leesplan inligting

Vertrou, Werk Hard, En RusVoorbeeld

Trust, Hustle, And Rest

DAG 2 VAN 4

Vertroue


Regdeur die Bybel word ons vertel dat dit God is, nie ons nie, wat resultate deur ons werk produseer. 1 Kronieke 29:12a sê: "Van U kom rykdom en eer. U heers oor alles." Deuteronomium 8:17-18a sê: "Jy kan dalk dink: my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf."


In 'n era waar enigiemand 'n suksesvolle besigheid kan begin, 'n blitsverkoper boek skryf of 'n gewilde podsending kan begin, kan dit maklik wees om te dink dat ons eie harde werk die rede vir ons resultate is. Soos ons môre sal sien, beveel God ons om hard te werk en daardeur lewer Hy die resultate. Wanneer ons met enige nuwe werk begin, is dit belangrik vir ons om te erken dat die resultate uiteindelik deur die Here verskaf word.


In Spreuke 16 stel Salomo 'n roetine voor van vertroue, harde werk en rus, wat alle pogings van ons as Christene moet kenmerk. In vers drie van die Skrifgedeelte beveel dié wysste man van alle tye, die volgende aan: "Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk". Voordat ons dus hard werk, moet ons eers ons werk aan die Here toewy. Hoe werk dit in die praktyk?


Om mee te begin: dit is om verse soos hierdie wat ons vandag gelees het, naby aan ons harte te dra om ons aanhoudend te herinner dat dit God is — nie ons nie — wat resultate produseer. Tweedens: ons gee ons werk oor aan die Here wanneer ons in gebed na Hom toe gaan en ons vertroue in Hom verwoord. Laastens: dis belangrik dat ons ook hierdie vertroue in God aan die mense om ons verwoord. In 'n kultuur wat ons vermoë om ons sokkies op te trek, vier; sal ons as Christene in die wêreld uitstaan wanneer ons erken dat dit God is, nie ons nie, wat verantwoordelik is vir die resultate van ons werk.


Soos ons môre sal sien, is vertroue net een deeltjie van die legkaart. Vir ons om doeltreffende instrumente in die hande van die Een wat ons roep te wees, moet ons hard werk in ons gekose werk.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Trust, Hustle, And Rest

Die Bybel beveel ons om hard te werk, maar dit sê ook dat dit God is, nie ons nie, wat die resultate van ons harde werk produseer. Soos hierdie 4-dag leesplan sal wys, moet 'n Christen bewus wees van die wedywer tussen "...

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.jordanraynor.com/trust/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid