Leesplan inligting

Vertrou, Werk Hard, En RusVoorbeeld

Trust, Hustle, And Rest

DAG 1 VAN 4

Vertrou, Werk Hard, en Rus


"Werk Hard" is deesdae seker een van die gewildste terme in besighede. Shark Tank beleggers oefen druk op entrepreneurs uit om harder te werk sodat hulle meer verkope kan kry. Dit lyk of almal 'n deeltydse werk bo en behalwe hulle 9-tot-5 werk het. Wat sê die Bybel oor harde werk? Aan die een kant vier die Bybel duidelik ons harde werk. Kolossense 3:23 sê: "Wat julle ook al doen, doen dit van harte." Terwyl ons as gelowiges in die kultuur se viering van harde werk kan deel, moet ons ook worstel met die Bybelse waarheid dat dit God is, nie ons of ons harde werk, wat ons resultate produseer nie (Deuteronomium 8:17-18). As gelowiges moet ons die spanning tussen harde werk en geloof in God aanvaar om ware rus te vind.


Josua 6 gee vir ons 'n wonderlike gevallestudie hoe aanvaarding van hierdie spanning lyk. Terwyl die Israeliete deur Josua na die beloofde land gelei word, kom hulle voor 'n dooie punt by die skynbaar ondeurdringbare stad van Jerigo. Soos dit sê in Josua 6:2: "Die Here het vir Josua gesê: 'Ek gaan Jerigo, sy koning en sy soldate nou in jou mag oorgee,'" maar in plaas daarvan om Josua en die soldate bomenslike krag en behendigheid te gee om self Jerigo te oorwin, verwag God dat hulle al hulle vertroue in Hom plaas. God het Josua 'n opdrag gegee om die Israeliete in 'n sewe-dag optog rondom Jerigo te lei wat afgesluit is met 'n oorverdowende geskree by die stadsmure. 


Soos soveel ander kere in die verlede het God verkies om dit "wat vir die wêreld swak is, uit te kies om die sterkes te beskaam." Eerder as om Josua en die Israeliete toe te laat om die stryd in hulle eie krag te wen, het God se plan verseker dat Hy alleen die eer sou kry. Voordat die Israeliete die oorwinning gegee is, het God hulle gevra om vir die voorsiening op Hom te vertrou. Sonder huiwering het Josua dit gedoen. Die Israeliete het vertroue in God se plan gehad. Toe begin hulle werk: marsjeer, blaas hulle trompette en skree totdat die mure van Jerigo inmekaar gesak het. 


Natuurlik was dit nie die optogte, geskree en harde werk van die Israeliete wat die mure van Jerigo laat val het nie. Dit was God. Ek dink dit is presies wat God wou hê die Israeliete — en ons — moet sien. Ons harde werk is 'n goeie ding! Om te glo dat ons gewoel en gewerskaf die resultate van ons werk veroorsaak, sou dieselfde wees as vir die Israeliete om te glo dat hulle geskree die ondeurdringbare vesting laat omval het.


Soos Josua en die Israeliete ons wys, moet ons nie probeer om die spanning tussen vertroue en harde werk op te los nie; in plaas daarvan, moet ons dit aanvaar. Hierdie idees is nie in konflik met mekaar nie, maar is bedoel om saam te werk. Soos Salomo in Spreuke 16 skryf, is daar 'n opeenvolging van vertroue en werk wat die Here eer en vir ons ware rus bring. Dit is daardie gedeelte waarna ons oor die volgende drie dae gaan kyk.


Skrif

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Trust, Hustle, And Rest

Die Bybel beveel ons om hard te werk, maar dit sê ook dat dit God is, nie ons nie, wat die resultate van ons harde werk produseer. Soos hierdie 4-dag leesplan sal wys, moet 'n Christen bewus wees van die wedywer tussen "...

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.jordanraynor.com/trust/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid