Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde VeroorsaakVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

DAG 4 VAN 13

Vaders en moeders se optrede wat geestelike wonde veroorsaak

Outoritêre vaders/moeders

Dit is vaders en moeders wat met reëls en regulasies regeer en hulle kinders dreig met reg en verkeerd. Kinders ervaar geen vryheid nie, slegs instruksies. Hulle ontwikkel nie geestelik nie. Kreatiwiteit word beperk. Hulle leer nie om vir hulself te dink nie, vertrou hulself nie om besluite te neem nie en ontwikkel nie hul eie identiteit nie. Hulle sal dit uitdagend vind om mense en God lief te hê. Hulle sal ‘n ongesonde vrees vir God ontwikkel en sukkel om 'n gevoel van vryheid te ervaar of nuwe dinge te ondersoek. Hulle sal voortdurend wonder of hulle nie iets verkeerd gedoen het nie en verwag dat God hulle sal straf. Sulke kinders dink dikwels aan God as 'n kosmiese polisieman wat altyd op soek is na 'n geleentheid om hulle te uit te vang wanneer hulle iets verkeerds doen.

Vreugdelose vaders/moeders

Sulke ouers gaan deur die lewe sonder vreugde en lag – dit is bykans soos ‘n kleed van swaarkry en “heaviness” wat oor hulle hang. Niks maak hulle opgewonde nie. Min dinge interesseer hulle. Die een dag is soos die ander, en daar is dikwels geen drome of positiewe toekomsverwagtinge nie. Die kinders raak depressief en leweloos met 'n rigiede lewensbeskouing. Hulle sal verveeld wees met die lewe, geen doelwitte of planne hê nie en min inisiatief of begeerte hê om iets te bereik.

Sarkastiese vaders/moeders

Sulke vaders en moeders praat dikwels die waarheid, maar vanuit hul eie perspektief en op 'n beledigende, negatiewe en neerhalende manier. Kinders van sulke vaders ervaar vernedering en word vinnig moedeloos en onseker oor hoe om dinge te doen. Hulle selfvertroue sal vernietig word. Daar is geen aanmoediging, gerusstelling of ruimte om foute te maak en daaruit te leer nie. Hulle sukkel om van God te verwag om hulle onvoorwaardelik lief te hê, probeer God vermy uit vrees dat hulle uitgeskel of verwerp sal word, of dat hulle nie vir God aanvaarbaar is nie.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesp...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid