Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde VeroorsaakVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

DAG 3 VAN 13

Vaders en moeders se optrede wat geestelike wonde veroorsaak

'n Verhaal: Die vader van kommunisme

In sy boek "Objections Answered", vertel R.C. Sproul die verhaal van 'n Joodse seun wat in Duitsland grootgeword het. Die seun se bewondering vir sy pa was uitsonderlik. Die seun se pa het seker gemaak dat sy gesin die Joodse geloof verstaan, dit beoefen en hulle getrou na die sinagoge geneem.

Gedurende die seun se tienerjare het die gesin na 'n ander dorp verhuis. Daar was geen sinagoge in die stad nie, slegs 'n Lutherse kerk. Die lewe in daardie gemeenskap het om die Lutherse kerk gedraai, en al die belangrike mense het aan hierdie kerk behoort. Op 'n dag het die seun se pa aangekondig dat hulle die Joodse geloof sou prysgee en by die Lutherse kerk sou aansluit.

Die geskokte familie het hom gevra om te verduidelik hoekom hy dit doen. Sy antwoord: "Dit is goed vir my besigheid." Die seun was verward, ontsteld en geskok. Hy het kwaad en bitter geword. Hy is Engeland toe om te studeer. Terwyl hy dag na dag in die British Museum studeer het, het hy sy nuwe idees begin neerskryf en gepubliseer. Hierdie boek het 'n vernietigende krag in die wêreld geword, en hy het godsdiens "die opium van die massas" genoem.

Wie was hierdie seun? Karl Marx, die vader van kommunisme. Die boek? Das Kapital. Hierdie ideologie het reeds meer as 105 miljoen mense doodgemaak.

Geweldadige vaders/moeders

Sommige vaders/moeders slaan hul kinders met woede en geweldadig, verneder hulle, vloek en beledig hulle, molesteer hulle en is brutaal en bombasties. Die gedrag van geweldadige vaders/moeders veroorsaak dat kinders bitter en opstandig word, en hulle sal hulle vaders/moeders haat. Ander sal onttrek, vlug, lewens vol vrees leef en eerder weghardloop as standpunt inneem. Sulke kinders vertrou nie hulle ouers nie. Hulle sal glo dat God geweldadig is. Hulle sal God verwerp omdat hulle sal voel dat Hy maklik in woede kan uitbars en hulleself nie aan so 'n God toevertrou nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesp...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid