Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde VeroorsaakVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

DAG 8 VAN 13

Basiese reaksies van kinders as gevolg van die gedrag van vaders en moeders

Eerstens is dit van kardinale belang om te onthou dat jou pa en ma hul eie vader en moeder se wonde het. Hierdie waarheid word maklik oor die hoof gesien wanneer ons ons eie wonde hanteer. Ten minste sommige van hul dade en reaksies kan verklaar word deur die seer wat húlle ouers se optrede veroorsaak het. Hoewel sondige gedrag nooit verskoon kan word nie, help dit om jou ouers beter te verstaan en sal dit uiteindelik makliker wees om hulle te vergewe.

Tweedens is dit belangrik om te onthou dat nie al ons verkeerde gedrag en emosies verklaar kan word deur na ons vaders en moeders te wys nie. Ons is almal sondaars. In ons gebrokenheid en rebellie doen ons elkeen ons eie sondes, waarvoor ons dikwels ander mense se optrede probeer gebruik om onsself te verontskuldig.

Sommige kinders sal meer letsels dra as ander. Nie alle kinders reageer dieselfde op die gedrag van hul ouers nie. Dit is noodsaaklik om dit te verstaan. Indien jy die gedrag van jou ouers anders beleef as sommige van jou broers of susters, beteken dit nie noodwendig dat jy ontken wat in julle ouerhuis gebeur het nie. Mense reageer eenvoudig verskillend op dieselfde realiteite.

1. Sommige kinders sal diep onsekerheid ontwikkel.

2. Ander sal hulleself haat en skuldig voel sonder om te weet waarom hulle skuldig voel.

3. Sommige kinders sal "veg", opstandig en aggressief wees. Sommige sal boelies word.

4. Ander kinders sal "vlug" - hulle sal weghardloop en “onsigbaar” probeer wees.

5. Almal sal op een of ander manier minderwaardig voel, verwerping beleef en "ongelief" voel. Mense se reaksies verskil.

6. Almal sal ly aan een of ander vorm van onvergewensgesindheid en dit gaan dikwels gepaard met bitterheid en woede. Dit kan op baie verskillende maniere manifesteer, en dit is soms moeilik om te sien hoe hulle optrede met hulle ouers verband hou.

7. Sommige reageer met jaloesie, afguns, selfbejammering, voortdurende kritiek, is veroordelend en voortdurend negatief oor ander mense.

8. Gierigheid is dikwels aanwesig — omdat mense dink dat deur meer geld en mag in die hande te kry, hulle vir hulleself ‘n veilige plek kan bou.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesp...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid