Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde VeroorsaakVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

DAG 7 VAN 13

Vaders en moeders wie se optrede geestelike wonde vervoorsaak

Vaders/moeders wat nie praat nie

Dikwels antwoord sommige vaders en moeders net nie vrae nie, vra niks vir hulle kinders nie en stel nie belang om insette te lewer nie. Hulle neem nie die leiding nie en toon geen waardering nie en moedig nie hulle kinders aan nie. Dit lei tot verwarring in die kinders se harte, onsekerheid, onstabiliteit, hopeloosheid en hulpeloosheid. Sulke kinders sal dit moeilik vind om te bid en om enige hoop hê dat God in hulle belangstel en dat Hy 'n Vriend vir hulle wil wees en leiding sal gee.

'n Verhaal: Thomas Edison: Soos die verhaal vertel, het Thomas Edison eendag uit die skool aangekom met 'n brief vir sy ma. Sy het dit gelees, en hy het haar gevra waaroor die brief gaan. Sy het gesê die onderwyser het gesê hy is 'n genie en hulle het nie gekwalifiseerde onderwysers om hom te help nie. Hulle stuur hom huis toe sodat sy hom kan opvoed. Sy het dit met groot toewyding gedoen. Hy het 'n beroemde entrepreneur geword met 1093 geregistreerde patente. Nadat sy ma gesterf het, het hy haar briewe en dokumente nagegaan en die brief gevind wat sy ma van die skool ontvang het. Die brief het gesê dat hy 'n geestesongesteldheid het, dat die skool hom nie kon opvoed nie en dat hy nie meer skool toe kon kom nie. Sy ma het ‘n ander mening oor haar seun gehad. Sy het hom as 'n genie behandel. Hy het een geword.

Afwesige vaders/moeders

In veral ons moderne samelewing kom ouers dikwels laat van die werk af, werk gedurende naweke en is nie soggens daar om “Goeiemôre” te sê nie. Hulle moet baie dinge op hulle eie doen – dinge waarvoor hulle nie gereed is nie en nie toegerus is nie. Hierdie kinders voel daar is geen beskerming, sorg en sekuriteit nie, niemand om raad te gee nie, en niemand wat hulle kan ondersteun of aanmoedig en goedkeuring uitspreek vir wat hulle doen en bereik nie. Sulke kinders sal geen verwagtinge van God hê nie. Hulle sal sukkel om te weet God is by hulle, vir hulle omgee en beskikbaar is om te help in alle situasies en omstandighede.

Belangrik: Indien jy na jou eie lewe kyk, wat is daar wat jy in jou optrede en gedagte-patrone kan sien wat die gevolg is van jou ouers se optrede? Vra die Heilige Gees om jou te help om te verstaan hoe om dit te verander.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesp...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid