Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde VeroorsaakVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

DAG 5 VAN 13

Vaders en moeders se optrede wat geestelike wonde veroorsaak

Verslaafde vaders/moeders

Die kinders moet dikwels na sulke vaders en moeders omsien en verantwoordelikheid neem vir dinge waarvoor hulle nie gereed is nie; hulle ervaar geen gevoel van veiligheid of versorging nie. Hulle sal hierdie gevoelens oordra na hulle verhouding met God en dit uitdagend vind om te dink God sal hulle beskerm, vir hulle voorsien en hulle versorg.

'n Verhaal: 'n Skurwe klein skelm: Hy is een van die mees gehate mense in die geskiedenis van die mens, en niks kan sy onuitspreeklik wrede optrede regverdig nie. Hy was die seun van 'n doeane-beampte met 'n drankprobleem. Sy ma het hom kerk toe geneem, waar hy in die koor gesing het en selfs oorweeg het om priester te word. Onbeheersde straf en argumente was algemeen. Sy suster Paula het geskryf: "Hy het my pa tot die uiterste uitgedaag ... hy het elke dag pak gekry. Hy was 'n skurwe klein skelm." Een aand het hy besluit om weg te loop. Hy het deur 'n tralievenster probeer uitkom. Toe hy sy pa se voetstappe hoor, het hy haastig probeer terugkom en ‘n tafeldoek gevat om homself toe te draai. Hierdie keer het sy pa hom nie geslaan nie.Hy het uitgebars van die lag en sy ma geroep om na die "toga boy" te kom kyk. Die seun was Adolf Hitler. Iets het waarskynlik op hierdie stadium met die jong Adolf gebeur. Wat 'n prys het die wêreld betaal as gevolg van 'n beledigende en vernederende vader!

Belangrik: Hoe het jy jou ouers beleef? Moenie veroordelend na hulle kyk nie. Dit help egter om na hulle gedrag te kyk – dit help dikwels om jou siening van God te verstaan.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesp...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid