Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde VeroorsaakVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

DAG 6 VAN 13

Vaders en moeders wie se gedrag geestelike wonde veroorsaak

Onredelike vaders/moeders

Hierdie vaders en moeders luister nie en het geen genade nie, maar dwing hul eie wil af sonder om na rede te luister. By kinders lei dit tot verwarring oor waardes, paniek, vrees en onsekerheid oor hul eiewaarde. Sulke kinders sal moed verloor omdat hulle net nooit goed genoeg is nie. Hulle sal 'n gevoel ontwikkel dat hulle altyd misluk. Hulle is altyd versigtig en bekommerd oor die volgende verskriklike ding wat sal gebeur. Die gevolg is dat hulle dit moeilik sal vind om te verstaan dat God regverdig, redelik en barmhartig is en dat God hulle onvoorwaardelik lief het. Wanneer sulke kinders Christene word, sal hulle verwag dat God onredelik sal wees en dinge van hulle sal verwag wat hulle nie sal kan doen nie, en hulle sal ook nie regtig weet wat God van hulle verwag nie.

Oneerlike vaders/moeders wat o.a. hulle beloftes verbreek

Sommige vaders en moeders is nie eerlik genoeg om byvoorbeeld te sê dat dit onmoontlik is om iets te doen of 'n spesifieke belofte na te kom nie. Die kinders hou op hoop dat beloftes nagekom sal word. Hulle sal begin om hulle ouers te verwerp en te verag. Kinders met sulke ouers verwerp die gesag van hul ouers sowel as reëls en beginsels. Geen gesonde waardestelsel word by die kind gevorm nie. Sulke kinders word groot en glo dat jy niks van die lewe kan verwag nie. Hulle vind dit baie moeilik om iemand te vertrou. Dieselfde gedagtes en emosies word na God oorgedra. Hulle sal sukkel om God te vertrou, sy beloftes te glo en te glo dat Hy goed is en goeie planne vir hulle het.Dit lei tot kinders wat nie gesagsfigure vertrou nie. Sulke kinders ontwikkel wanhoop, voortdurende teleurstelling, het geen verwagting dat positiewe dinge kan gebeur nie, en passiwiteit tree in. Sommige ontwikkel 'n dominerende persoonlikheid in ‘n poging om hulle omstandighede te stabiliseer en te beheer.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesp...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid