Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde VeroorsaakVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

DAG 13 VAN 13

Gehoorsaam jou vader en moeder

Dit is nie 'n gewilde onderwerp nie. Die Woord van God is egter baie duidelik daaroor. Die Woord van God is duidelik daaroor dat kinders hulle ouers moet gehoorsaam.

In Eksodus 20:12 vind ons die sesde gebod van die Tien Gebooie: "Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee." Die apostel Paulus herhaal dit in Efesiërs 6:1-3: "Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. 'Eer jou vader en jou moeder' is ’n baie belangrike gebod. En daar is nog ’n belofte by: sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde."

In 2 Timoteus 3:1-2 word ons gewaarsku dat mense in die laaste dae ongehoorsaam aan hulle ouers sal wees: I"n die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal ongehoorsaam aan hulle ouers wees." Ons vind dieselfde waarskuwing in Romeine 1:28-31: "Hulle is een en al ongeregtigheid … hulle is mense wat kwaad uitdink, ongehoorsaam aan hulle ouers."

Alhoewel ons dalk gely het as gevolg van ons ouer se gedrag, leer die Bybel ons om ons ouers te gehoorsaam. Dit is duidelik dat as ons dit nie doen nie, daar negatiewe gevolge sal wees. In 1 Samuel 4-5 sien ons God se oordeel oor die kinders van Eli. Hulle was ongehoorsaam aan hulle vader en het sy teregwysings werp — God het hulle op die slagveld laat sterf. Die boek Spreuke moedig ons herhaaldelik aan om ons vader en moeder te eer.

Natuurlik moet ons ons nie aan ons ouers onderwerp as hulle van ons verwag om te sondig of teen die geopenbaarde wil van God in die Bybel te gaan nie. Baie ly egter omdat hulle nie na hul ouers luister nie. Baie jongmense luister nie na hul ouers as hulle hul adviseer oor ‘n verskeidenheid van sake nie. Die Woord is duidelik dat daar negatiewe gevolge is.

Dit is van groot belang om na jou ouers te luister. Dit is belangrik om hulle te vergewe vir alles wat hulle verkeerd gedoen het. Jy moet voortdurend kies om hulle lief te hê en jou aan hulle te onderwerp. Eer God hierin, en God sal jou eer omdat jy Hom gehoorsaam.

Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesp...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid