Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde VeroorsaakVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

DAG 2 VAN 13

Vaders en moeders se optrede wat geestelike wonde veroorsaak

Kinders leer om na God te kyk en Hom te ervaar deur hulle ouers se gedrag. Wanneer die ouers Godvresend is en hulleself aan God onderwerp, sal kinders 'n Bybelse en positiewe Godsbeskouing ontwikkel. Wanneer vaders en moeders liefdevol, geduldig en betroubaar is en hul beloftes nakom, sal kinders dit "oordra" na hul siening van wie God is en wat hulle van God kan verwag. Wanneer ouers beledigend is, negatiewe lewens lei, hul kinders verwaarloos, nie positiewe liefde gee nie, nie hul kinders met hul woorde aanmoedig nie en positiewe liefde vir hulle gee nie, ontwikkel kinders negatiewe gedrag, en dit verwring die manier waarop kinders God en sy karakter sien.

Te dikwels word die fout gemaak om te dink dat slegs die vader se gedrag 'n kind se siening en verwagting van God beïnvloed. Die gedrag van moeders en vaders het byna gelyke gevolge vir kinders — positief of negatief – afhangende van die situasie.

Oor die volgende dae word die gedrag van verskillende tipes vaders en moeders beskryf wat nie die beeld van God reg gereflekteer het nie.

Onstabiele en onbetroubare vaders/moeders

Dit is vaders en moeders wat een ding sê en 'n ander ding doen. Jy weet nooit wat hulle volgende gaan doen nie. Die gevolg is dat kinders onseker raak oor hulself, nie weet wat om te verwag nie, en daarom 'n probleem sal hê om besluite te neem aangesien hulle nie weet wat reg of verkeerd is nie, sukkel om enige gevoel van veiligheid te hê, nie weet wat om van die toekoms te verwag nie en geen hoop het nie. Hulle sal God nie ten volle kan vertrou nie – en sukkel om te verstaan dat God stabiel en onveranderlik is en nie een ding sal sê en iets anders sal doen nie.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesp...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid