Leesplan inligting

'n Bybelse Perspektief Op Sosiale VeranderingVoorbeeld

A Biblical View On Social Change

DAG 4 VAN 5

Voorsiening



Kan jy aan 'n keer dink toe jy oorweldig was deur die grootte van 'n uitdaging of taak wat jy in die gesig moes staar? Hoe het dit gevoel? Wat het jy gedoen?



My vriendin, Mary, het so gevoel. Die lewe in Uganda was baie moeilik vir haar. Haar man het verdwyn en haar alleen gelos met vier klein kindertjies. Hulle het in 'n modder hut met 'n rietdak gewoon en het een bok gehad. Mary het gewerk as sy kon en 'n klein inkomste gekry, maar daar was nooit genoeg nie en haar gesin was altyd honger. Daar was nie genoeg oor om vir haar kinders se skoolfonds te betaal nie.



Eendag het Mary van 'n Bybelstudie by haar plaaslike kerk gehoor. Sy het dit bygewoon, al was sy nie 'n gelowige nie. Toe sy hoor hoe Jesus vyfduisend mense op een slag kos gegee het, het sy besef dat God besorg was oor honger mense! Die studie het daarna gekyk oor hoe Jesus sy dissipels aangemoedig het om saam te werk om seker te maak dat almal kos kry. Mary en ander was geïnspireer om te begin beplan vir 'n beter toekoms vir haar en haar kinders.



Mary en haar gesin het gewasse begin aanplant en verkoop en het só genoeg geld bymekaar gemaak om 'n paar hoenders, varke en later twee koeie te koop. Dit het 'n groot invloed op hulle lewe gehad: 'n gebalanseerde dieet, klere, skoolgeld, 'n beter huis en medisyne as hulle siek was.



Vandag straal Mary. Sy leef naby die Here en het ervaar hoe Hy haar en haar gesin gehelp het om in hulle eie behoeftes te voorsien.



Oordink:



Terwyl ons nadink oor die uitdagings in ons eie gemeenskap wat ons in die gesig staar, sowel as 'n gebrek aan hulpbronne, watter bemoediging vind jy in hierdie verhaal?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

A Biblical View On Social Change

Baie Christen groepe is besorg daaroor om in mense se geestelike en/of fisieke behoeftes te voorsien. Wat behoort ons as Christene se prioriteite te wees? Wat leer die Bybel ons hieroor?

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid