Leesplan inligting

'n Bybelse Perspektief Op Sosiale VeranderingVoorbeeld

A Biblical View On Social Change

DAG 3 VAN 5

Om Onsself Op Te Offer



In vandag se Skrifgedeelte (Mark 6:35-36), is die posisie waarin die dissipels hulle bevind, dieselfde as wat baie van ons onsself vandag op ons reis saam met Jesus bevind.



Die dissipels het 'n ruskans nodig gehad, want hulle was uitgeput as gevolg van die eise om Jesus te volg en ander te dien. Hulle blaaskans word onderbreek deur 'n skare mense wat hulp nodig het.



Teen die aand is die dissipels bekommerd dat die mense nie wil weggaan nie, ten spyte daarvan dat dit 'n verlate plek is en daar nie kos vir die mense is nie. Hulle instink is om die mense weg te stuur, want hulle kon niks vir hulle doen nie.



Ons tree dieselfde op as ons mense teëkom in wie se behoeftes ons nie kan voorsien nie. Ons fokus eerder op die probleem as op die moontlikhede. Net soos die dissipels, neig ons om die probleem op Jesus oor te skuif, in plaas daarvan om Hom te vra hoe ons kan saamwerk. Baie van ons gebede is soos die versoek van die dissipels — Jesus, neem asseblief hierdie verantwoordelikheid van ons af weg!



Oordink:



Sonder God se getrouheid en die hoop dat ons lewe sal verander, sal ons sukkel om oor die weg te kom. Die Woord van God is egter in die harte van gelowiges gesetel, en moedig ons aan om saam te werk om verandering te weeg te bring en sy krag in werking te sien.



Die dissipels het beperkte hulpbronne gehad, nogtans het Jesus dít wat hulle gehad het vermenigvuldig om die skare kos te gee. Watter hulpbronne het jy wat God dalk kan gebruik om jou gemeenskap mee te seën? Dit is nie net materiële hulpbronne nie, maar ook vaardighede en tyd.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

A Biblical View On Social Change

Baie Christen groepe is besorg daaroor om in mense se geestelike en/of fisieke behoeftes te voorsien. Wat behoort ons as Christene se prioriteite te wees? Wat leer die Bybel ons hieroor?

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid